‘n Gees van welwillendheid

The soul’s deepest thirst is for God Himself, who has made us so that we can never be satisfied without Him. —F.F. Bruce

‘n Gees van welwillendheid

In Deuteronomium 15:1 – 11 gee Moses aan die volk ‘n visie van die geloofsgemeenskap en die gees van welwillendheid wat deel van so ‘n gemeenskap moet wees. Die sagte hart en oop hand waarvan hy hier skryf , sien ons duidelik in 1 Johannes 3:17 – 18: Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees? Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Hierdie gees van welwillendheid moet in die geloofsgemeenskap begin: Solank as ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges (Galasiërs 6:10). Daarna moet dit uitbrei na almal wat ekonomies swaarkry – insluitend armes, vreemdeling wat desperate situasies in hulle eie land probeer ontvlug … en die oues wat ons dikwels aan hulle eie lot oorlaat.

 Daar is geen beter geleentheid vir Christene om hulleself van die gemaksugtige samelewing te onderskei nie as juis deur barmhartigheid aan groepe wat op die rant van die samelewing staan, te bewys nie. Wie ‘n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor ‘n arm mens ontferm, eer God (Spreuke 14:31); Wie met ‘n arm mens spot, beledig sy Maker; wie hom verheug oor die ongeluk van ‘n ander, sal self nie vrykom nie (Spreuke 17:5).

 Gelowiges het ‘n spesiale motivering  om deernis teenoor die armes te bewys: God, in sy deernis, het ons van die slawerny van sonde bevry en ons as sy kinders aangeneem.  Ons moet ander behandel soos Hy ons behandel het. Die implikasies hiervan is diepgaande:

  • Die armes behoort  nie hulle regte te verdedig en te bedel vir barmhartigheid van die gegoede mense nie. Kommer oor sosiale geregtigheid is ‘n barometer om die gesondheid van die kerk te meet.
  • Rykes moet genadig wees teenoor diegene wat vir hulle iets skuld. Hulle moet meer bekommerd wees oor die bevrediging van die behoeftes van die armes as oor hulle eie regte.
  • Gegoede mense in sosiale en ekonomiese magsposisies moet diegene vir wie hulle verantwoordelik is met deernis hanteer.
  • God se kinders moet alle pogings om die mure van vervreemding en onderdrukking af te breek, ondersteun. Deur dit te doen, gehoorsaam ons die opdragte van die Here.
  • Die rykes en magtiges moet nooit trots wees op wat hulle bereik het nie, maar hulle verheug in God se guns. Ons moet altyd onthou dat die seën van die Here nie ‘n reg is nie, maar ‘n uitdrukking is van die vrygewigheid en trou van die Here.
  • Aanbidding dien as konteks waarbinne ekonomiese en sosiale mure afgebreek moet word. Ons moet die behoeftiges nooi om deel van ons gemeenskap te word en om saam met ons te aanbid.

 Christene moet voor loop in bewegings wat die welstand van die minderbevoorregtes probeer verbeter. Soos Boas vir Rut gesê het: Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy ‘n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het (Rut 2:12).