‘n Kind, Jesus, word gebore en word groot (3)

‘n Kind, Jesus, word gebore en word groot (3) – Jan van der Watt

deel 3 – die laaste geboorteverhale en Jesus as kind

 

 

i) Johannes oor Jesus se geboorte

ii) Paulus oor die geboorte van Jesus

Behalwe vir die kruis en opstanding van Jesus stel Paulus baie min in die aardse lewe van Jesus belang. Hy het minder as tien verwysings na die aardse lewe van Jesus, buiten sy verwysings na die kruis en opstanding, wat natuurlik volop is. Van sy verwysings na Jesus se geboorte is die volgende – die verse is hier afgedruk, maar as jy tyd het, lees gou die kontekste van die verse ook:

  • – “Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe 5om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word”.
  • – “As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore.”
  • – “uit hulle is die Christus as mens gebore”.
  • Wat sou jy sê was Paulus se idee van kersfees as jy na hierdie verse kyk?

    Ons kan ten minste die volgende uit Paulus se kersverhale aflei:

  • Dit was belangrik om raak te sien dat Jesus uit die Jode gebore is (m.a.w. die volk van God aan wie God al sy beloftes gemaak het) en dat hy in ‘n koninklike lyn staan, naamlik die lyn van Dawid. (Vgl die begin van Matteus se geslagsregister). Jesus staan nie los van die Israeliete, die volk van God nie, maar staan vierkantig binne-in.
  • Soos enige Israeliet was hy aan die wet onderworpe (kyk ook hoe Lukas beklemtoon dat Jesus sy tempelverantwoordelikhede nagekom het).
  • God staan agter alles – Hy bepaal die tyd en Hy stuur sy Seun. (Dit weerklank die boodskap van beide Matteus en Lukas).
  • Hierdie afleidings het niks te doen met ‘n pap babatjie in ‘n bedjie nie, maar is swaar teologiese uitsprake oor die kind wat gebore is. Jesus se latere lewe is reeds in die kersverhaal sigbaar.

    iii) Jesus se kinderdae

    Die Nuwe Testament is byna tjoepstil oor Jesus se kinderdae. Al inligting wat ons daaroor het, is uit Luk 2:39-52 (lees dit gerus). Jesus is Nasaret toe en het daar gegroei en sterk geword, begenadig deur God (sien ook Mat 2:23). Dan word die verhaal vertel van die besoek aan die tempel toe Jesus 12 jaar oud was. Daar proklameer hy dat sy Vader God is en dat Hy meer aan God gehoorsaam moet wees as aan sy aardse ouers. Ook as kind was God dus by Jesus.

    Die rede vir die swye oor Jesus se kinderdae is omdat die werklike openbare bediening van Jesus eers na sy dood begin. Sy kindertyd is dus nie belangrik vir die boodskap oor Hom nie.

    samevatting

     

    • Gee in jou eie woorde ‘n kort samevatting van wat jy alles oor die geboorteverhale geleer het:

  • Wat staan vir jou uit as jy aan die geboorteverhale terugdink?