‘n Maagd

You don’t really know Jesus is all you need until Jesus is all you have.”  Tim Keller

 ‘n Maagd

26In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ’n maagd in Nasaret, ’n dorp in Galilea. 27Sy was verloof aan Josef, ’n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria.

28Toe die engel by haar kom sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” 29Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken.

30Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. 31Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. (Lukas 1:26 – 31).

 

Dink ‘n bietjie oor Maria. Sy moes ontsettend baie geloof gehad het. Sy was jonk; sy was ‘n maagd; sy kry ‘n boodskap uit die hemel. Om deur ‘n engel besoek te word op sy eie sou ‘n wonder gewees het. Maar die woorde van hierdie engel: Die Here is by jou. God self het jou met sy eie hand uitgesoek; jy is ‘n begenadigde. Soos in die geval van Abraham, Moses, Jesaja, Dawid het God Maria as instrument gekies. Waarvoor? Om sy werk te doen.

Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring.  Dit tog onmoontlik. Dit het nooit vantevore en nooit weer daarna gebeur nie. ‘n Maagd wat swanger is. Dit is vir ons moeilik verstaanbaar. In Maria het God iets uniek gedoen – nie moeilik vir Hom nie, maar vir ons baie ingewikkeld om te verstaan. Die maagdelike geboorte is vir my moeilik om te begryp as ek glo dat God nie enigiets kan doen nie.

Maria is ‘n sleutelfiguur waaroor ons hierdie Kersfees moet dink. Sy is die instrument wat God gebruik het om die Ou Testamentiese profesieë te vervul; sy is die vrou wat genoeg moed gehad het om ons Verlosser in die wêreld te bring. Si is gevra om iets te glo – iets waarmee ons sukkel om dit te verbeel.

As jy in wanhoop verval, onthou dat jy dieselfde vermoë as Maria het vir buitengewone geloof. Sy was ‘n mens – jy ook. As die tyd aanbreek sal ek ook sulke geloof hê?