‘n Nuwe Kategismus: Hoekom moes Christus sterf

 ‘n Nuwe Kategismus: Vraag 24

Vraag:

Hoekom moes Christus die Verlosser sterf?

 

Antwoord:

Aangesien die dood die straf vir sonde is, het Christus gewillig in ons plek gesterf om ons van die mag en straf vir sonde te red en ons na God toe terug te bring. Deur sy plaasvervangende, versoenende dood, verlos Hy ons van die hel en kry vir ons vergifnis van sonde, geregtigheid en ‘n ewige lewe. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig. Sonder smet, en onberispelik voor Hom te stel (Kolossense 1:21 – 22)

Kommentaar:

Die regverdige, liefdevolle Vader het Homself verneder deur in sy enigste Seun mens en ‘n vloek vir ons te word om ons te verlos sonder om sy eie karakter te verloën … Die Bybelse evangelie van versoening is van God wat Homself tevrede stel deur ‘n plaasvervanger vir ons te wees … Hierdie konsep van plaasvervanging lê aan die hart van sonde en verlossing. Die kern van sonde is die mense wat plaasvervanger van God word; die kern van verlossing is God wat as plaasvervanger vir die mens dien. Mense laat hulleself teenoor God geld en plaas hom daar waar net God verdien om te wees; God offer Hom vir die mense  deur Hom te plaas daar waar net die mens verdien om te wees. Die mens maak aanspraak op voorregte wat aan God alleen behoort; God aanvaar die straf wat net aan die mens behoort.

Hierdie kommentaar is deur John Stott (1921 – 2011), ‘n Engelse Anglikaanse prediker, geskryf. Vir baie jare is hy die rektor van All Souls Church in Londen. Hy was een van die hoofopstellers van die Lausanne Covenant (1974). Hy het baie boeke geskryf, onder andere  Why I Am a Christian en The Cross of Christ (from which this quote is taken).

Hierdie kommentaar kom uit The Cross of Christ (Downer’s Grove: IVP, 1986), 159–160.

 

Verdere leesstof:

 “The Atonement” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.

 

Gebed:

O God die Vader, ek kan nie dink dat U my gemaak het net om my te vernietig nie. Wees my genadig. O God die Seun wat die Vader se wil ken, het na die wêreld gekom om my te red. Wees my genadig. O God die Heilige Gees wat vir dieselfde doel dikwels heilige gedagtes in my geblaas het, wees my genadig.

O heilige en geseënde Drie-eenheid, drie persone wat ek as een God aanbid, wees my genadig.

Here gee U nie om dat ek omkom nie? U wat wil hê dat alle mense gered moet word? U wat wil hê dat niemand verlore moet gaan nie? Sal U nie u toorn teenoor ‘n wurm, ‘n blaar wys nie? Teenoor ‘n damp wat voor U verdwyn? O, onthou hoe kort my tydjie is en gee nie my siel aan die mag van die hel oor nie … Vergewe my waar ek ongehoorsaam was, waar ek U kwaad gemaak het. Sien my in my nood en na U om hulp uitroep. Moenie na my kyk as sondaar nie, maar beskou my as u skepsel. U verlos, want dit is u Naam. Hoe reg is dit dat U na die wêreld gekom het, want dit is u werk. As ek besef dat ek die grootste sondaar is, mag ek U nie verder aanpor deur te sê: Sal die belangrikste van u werk ongedaan bly? Verre sy dit van U. Wees my genadig! … Vader, aanvaar my onvolmaakte berou; betoon deernis teenoor my tekortkominge, vergewe my boosheid, reinig my onreinheid, versterk my swakheid, herstel my onstabiliteit en laat U goeie Gees oor my waghou vir altyd, laat u liefde altyd in my hart heers, deur die lyding van u Seun in wie U ‘n behae het.

 

Hierdie gebed is deur John Wesley (1703–1791) geskryf. Hy was ‘n Engelse prediker en teoloog. Wesley en sy broer Charles was die stigters van die Engelse Metodiste beweging. Hy het baie gereis, meestal te perd. Hy preek twee of drie maal per dag. Dit word bereken dat hy meer as 40 000 preke gelewer het. Hy was ook ‘n begaafde skrywer van liedere.

Hierdie gebed kom uit “Forms of Prayer: Friday Evening” in The Works of the Reverend John Wesley, Volume 6 (New York: J. Emory & B. Waugh, 1831), 397–398.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.