‘n Nuwe Kategismus: Vraag 18

image_pdfimage_print

 “Prayer is the solemn and religious offering up of devout acknowledgments and desires to God, or a sincere representation of holy affections, with a design to give unto God the glory due unto his Name thereby, and to obtain from him promised favours, and both through the Mediator.” – Matthew Henry

 ‘n Nuwe Kategismus: Vraag 18

Vraag:

Sal God toelaat dat ons ongehoorsaamheid en afgodery ongestraf bly?

 

Antwoord:

Nee. Elke sonde is teen die oppermag, heiligheid en goedheid van God en teen sy regverdige wet. God is met reg kwaad oor ons sondes en sal dit straf in sy regverdige oordeel, beide in hierdie lewe en die lewe wat nog kom. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

 

Teksvers:

Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ‘n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie. Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is (Efesiërs 5:5 – 6)

 

Kommentaar:

As Jesus nie seker gemaak het van ons posisie nie, sou ons tot ons vernietiging geval het. Adam het geval en as ons federale hoof, het ons in hom geval …”God, sê die apostel, het almal onder die sonde ingesluit.”  Wat is sonde anders as ‘n oortreding van die wet; die sonde lei tot die dood, elke oortreding van die wet lei tot verdoemenis … ons moet sterf, ons is wetlik dood …On het God se wet verbreek, en is dus aan die ewige verdoemenis onderworpe … elkeen van ons, sonder uitsondering; ons is almal op dieselfde vlak … dit is nie grootheid of uitwendige verskille  wat ‘n verskil maak aan die toestand van die siel nie … Dit is ons houding teenoor God, ons het in oortredings en sonde geleef en is dus wetlik dood … Maar afgesien van die wetlike dood is daar ‘n geestelike dood en die gevolge daarvan is die ewige dood as ons in daardie toestand sterf. Dan sterf ek vir altyd, dit wil sê ek is ‘n skepsel wat vir ewig van God verban is. Dit is onmoontlik om te weet of te waardeer die lewe wat Jesus Christus aan ons oorgedra het toe Hy na die wêreld gekom het, sonder om die aard van die dood waarvan Hy ons verlos, te oorweeg.

 

Hierdie kommentaar  is deur George Whitefield (1714 –1770) geskryf. Hy was ‘n Engelse Anglikaanse leraar wat 13 keer oor die Atlantiese oseaan gevaar het. Vir 34 jaar preek hy dwarsdeur Engeland en Amerika. Dit was deel van wat bekend staan as die Groot Ontwaking. Sy stem kon oor groot afstande gehoor word. Dit word gesê dat hy by een geleentheid vir meer as 30 000 mense in die opelug gepreek het. Hy het meer as 18 000 preke gepreek – minder as 90 het behoue gebly.

 

Uit: “Sermon LXXI: Neglect of Christ, The Killing Sin” in Sermons on Important Subjects by the Rev. George Whitfield (London: Fisher, Son & Jackson, 1832), 741–743.

 

Verdere leesstof:

 “Mortality” en “Judgment Seat” in Concise Theology, by J. I. Packer.

 

Gebed:  

Het die Seun van God mens geword en aan die kruis gesterf, net om die fondament vir ‘n nuwe godsdienstige denominasie in die wêreld te lê? Om die onderwerp van gesprekke af en toe te word? Of is dit dat Hy die hoop van die skuldiges en die verlosser van sondaars is – die voorwerp van hulle vertroue, van hulle liefde en van hulle onvoorwaardelike gehoorsaamheid? … As Christus nie joune is nie; as jou hart nie aan Hom toegewy is nie; en as jy in daardie toestand sterf, is die beter dat jy nooit gebore was nie. Mag die Here jou red  van die toorn wat kom en jou vir die hemelse toestand voorberei. Amen.

 

Hierdie gebed is deur Abraham Booth (1734–1806) geskryf.  Hy was ‘n Engelse Baptiste prediker. Hy was pastor van Prescot Street Church in Whitechapel, Londen vir 35 jaar. Hy was ook die stigter van wat tans as Regents Park College vir die opleiding van leraars  in Oxford is. Sy bekendste werk was The Reign of Grace.

Hierdie gebed kom uit “An Address at the Interment of Mr. Joseph Swain” in Works of Abraham Booth: Late Pastor of the Baptist Church, Volume 3 (London: Button, 1813), 289–290.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...