‘n Nuwe Kategismus

‘n Nuwe Kategismus

Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?

Ons herken dit as die eerste vraag in die Heidelbergse Kategismus. Maar hoeveel van ons kan verder as dit kom? Kategese, veral vir volwassenes, het feitlik uit ons kerke verdwyn.  Dit is darem ‘n baie Middeleeuse benadering.  Hoekom is dit vroeër as normaal beskou? Hoekom het kerke voortdurend nuwe kategismusse vir hulle gebruik geproduseer?

 

  • Dit is ‘n omvattende uiteensetting van die evangelie. Dit het nie alleen verduidelik wat die evangelie is nie, maar het ook die boustene waarop die evangelie gebou is, verduidelik. Hier dink ons byvoorbeeld aan die leer van God, die menslike natuur en sonde.
  • Om die uiteensetting op so ‘n manier te doen dat die dwaalleer, foute en vals gelowe van die tyd en die kultuur duidelik hanteer en weerspreek kan word.
  • Om ‘n teen-kultuur te vorm – mense wat duidelik onderskeibaar is van die nie-Christene. Hierdie mense het die beeld van Christus weerspieël – nie alleen individueel nie, maar ook in die kerk se gemeenskaplike lewe.

As ons na hierdie redes kyk, kom die vraag na vore: Is dit nie tyd om na ‘n nuwe kategismus te kyk nie? Natuurlik moet ons uiteensetting van die leer van die evangelie nie verskil van dié van vorige kategismusse nie, maar ons kultuur het tog verander. Ons versoekings, foute en uitdagings het ook verander. Moet ons nie opnuut toegerus word om die regte antwoorde te gee nie?

‘n Groep (die Gospel Coalition en Redeemer Church in New York) het besluit om die New City Catechism saam te stel. Dit sal vrae wat mense vandag vra, beantwoord. Dit gaan uit 52 vrae bestaan – een vir elke week Dit behoort dus maklik by gemeentes se programme in te pas.