‘n Verbasende aspek van Paulus se bediening

 

Whoever speaks evil of an absent man or woman is not welcome at this table (Op die muur van Augustinus se eetkamer).

 

 ‘n Verbasende aspek van Paulus se bediening

Ek verbly my oor die aankoms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus, want hulle het vir my die gemis aan julle vergoed. Hulle het my gees verkwik en ook julle s’n. Wees erkentlik teenoor sulke manne (1 Korintiërs 1       6:17 – 18)

Paulus – briljante teoloog, getuig met moed en oortuiging – het mense nodig. Verbaas dit jou? Paulus erken geredelik dat hy mense in sy lewe nodig gehad het en dank hulle dat hulle hom bygestaan het. Hy erken hulle opoffering en vrygewigheid vir hom.

 

Paulus word eensaam as daar nie vriende naby aan hom was nie. Hy het goeie geselsakp waardeer. Hy waardeer hulle bydrae tot sy bediening. Ons sou verwag dat ‘n man van sy statuur ‘n een-man-vertoning sou wees – ons sou dink hy sou niks van iemand nodig gehad het nie. In sy briewe kry ons gereeld verwysing na sy vriende.

 

Probeer so gou moontlik na my toe kom, want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertek. … Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees … Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie … Doen jou bes om nog voor die winter te kom (2 Timoteus 4:9ev). Ons sien dat Paulus eensaam was en vriende nodig gehad het, veral in moeilike tye.  Hy waardeer sy vriende op wie hy kan vertrou.

 

Bediening is nooit die taak van een persoon nie. Hoekom glo ons dat ‘n doeltreffende kerkleier ‘n alleenloper is. Christene moet mekaar versorg – hulle het mekaar nodig. Jy het die geloofsgemeenskap nodig; jy het vriende wat vir jou bid nodig; jy het mense wat jou bemoedig nodig.