Nadenke oor die Bybel

Nadenke oor die Bybel

(1 Petrus 2:2).

Hoekom sukkel ons om vol te hou met die geestelike dissiplines soos die lees van die Bybel? Smag ons nog na die woord van God?

 

Nadenke/Meditasie is nie joga nie.

  • Nadenke is Bybels: Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink ( Psalm 1:2)
  • Ons standaard verskoning is natuurlik dat ons skaars tyd het om die Bybel te lees wat nog te sê om daaroor na te dink. Paulus waarsku ons: Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd (Efesiërs 5:15 – 16). Ons kan mos oor dit wat ons gelees het nadink op pad werk toe of selfs by die werk.