Naskrif oor Jesus se bediening (vervolg) – Die oordeel deur Jesus se woord (12:44-50)

Naskrif oor Jesus se bediening (vervolg) – Die oordeel deur Jesus se woord (12:44-50) – Francois Malan

12:44 Die een wat in Jesus glo, glo in God. Die Jode gee voor dat hulle in God glo, maar weier om in Jesus te glo. Dit beteken hulle geloof is nie eg nie. Ware geloof in God begin by geloof in Jesus, wat die Vader aan ons kom openbaar het. Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekendgemaak (1:18).

12:48 Die verwerping van Jesus se woorde is ‘n verwerping van Jesus self, Hy wat die Woord van God en self God is (1:1-3). Vir so iemand hoef daar nie ‘n spesiale regter te wees nie, omdat hy die oordeel oor homself bring. Hy het die Redder verwerp, wat hom uit die oordeel kom bevry het (3:36). Op die laaste dag sal die woorde, wat Jesus gespreek het, so iemand oordeel.

is reeds die ewige lewe. Hy het die ewige lewe vir ons verwerf aan die kruis en met sy opstanding uit die dood. Dit is ‘n tema wat telkens in die Evangelie voorkom: In Hom en deur Hom is lewe (1:4). Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê (5:26). Sy woorde gee die ewige lewe (6:68). Elkeen wat in Hom glo het reeds die ewige lewe (3:15-16, 36; 6:47; ). Dit is sy geskenk aan elkeen wat in Hom glo (10:28). Die gelowige het oorgegaan uit die dood na die lewe (5:24). Jesus is die opstanding en die lewe. Wie in Hom glo sal lewe al sterwe hy ook, en sal in alle ewigheid nie sterwe nie (11:25-26), en Jesus sal hom op die laaste dag opwek (6:40). Dit is die nuwe soort lewe waar ek nie meer vir myself lewe nie, maar vir God en my medemens, soos Jesus, en in verbondenheid aan Hom – dit is die Vader se opdrag ook aan elke gelowige.

 

Skrywer: Prof Francois Malan