Om besig te wees, is nie ‘n geestelike gawe nie

 

I am not unaware how difficult it is to persuade the world that God rejects and even abominates everything devised for worship by human reason. The grounds for this error are numerous. “Every one thinks highly of his own,” as the old proverb expresses it. Hence the offspring of our own brain delights us more.  — Johannes Calvyn

Om besig te wees, is nie ‘n geestelike gawe nie

Sekerlik een van die moeilikste woorde in vandag se besige wêreld is: Wag. Baie van ons gaan oorboord met besig wees. Om te besig te wees, trek ons aandag af van die dinge wat werklik belangrik is – mense. Ons weet goed dat om te besig te wees ‘n strategie van die vyand is om my aandag weg te trek van dit wat werklik kosbaar vir my is.

 

Wees eerlik. Ons leer meer in daardie kalm tye wanneer my hart, siel en gedagtes verenig om God se wil te soek. Een ding wat ons moet leer, is dat wag nie ‘n lelike woord is en dat besig wees nie ‘n geestelike gawe is nie. Bedaar en erken dat Ek God is (Psalm 46:11). Vir sommige mense is dit moeilik om te bedaar. Maar dit is net tydens daardie stil tye alleen met God wat ‘n mens waarlik vrede ondervind. Besigwees is die vyand van vrede; besig wees steel van ons kosbare tyd.

 

In die lewe vandag verwag ons onmiddellike resultate. Ons is so besig dat ons nie eers kan onthou wanneer laas ons saam met ons gesin geëet het nie. Ons moet tyd inruim om te wag en te bedaar. Maar om ou gewoontes te breek, is nie maklik nie. Maar ek kan alle dinge doen deur Christus wat vir my krag gee.

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle … Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie (Johannes 14:27).