Om meer soos Jesus te word

 

Om meer soos Jesus te word

Elke kind van God wil meer soos Jesus word. Deur God se genade kan dit gebeur. Hierdie proses staan as heiligmaking bekend. Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word en die uiteinde is die ewige lewe (Romeine 6:22).

In heiligmaking word gelowiges meer soos hulle Verlosser.

Hoe gebeur dit?  In heiligmaking werk gelowiges en God werk ook. Ons word soos Jesus deur God se wil te doen. My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was, des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie.  Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filippense 2;12 – 13). Paulus praat hier nie met die ongelowiges nie, maar hy roep die verlostes op om te begin werk.

Wat beteken dit om heiligmaking na te streef?

  1. Heiligmaking beteken ek groei in eerbied

Gelowiges werk hulle heiligmaking uit in vrees en bewing gelowiges groei as hulle respek vir God dieper word. Ons staan in ontsag voor sy grootheid. Soos Josef weier ons om iets te doen wat God te na kom: Hoe kan ek so ‘’n verkeerde ding doen. Ek sal mos teen God sondig (Genesis 39;9).

  1. Heiligmaking beteken ek groei in gehoorsaamheid

Gehoorsaamheid en geloof is nie vyande nie. Ons mag nooit gehoorsaamheid voor aanvaarding deur God plaas nie. Dan verwring ons die evangelie: Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie (Romeine 3:20). Paulus praat van gehoorsaamheid as ‘’n weerspieëling van ‘’n hart wat vry is van sondebande: Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het (Romeine 6:170.

  1. Heiligmaking beteken dat ek in integriteit groei. Paulus stel oogdiens teenoor ware opregte, eerbied vir God: moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie. Mar werk met ’n opregte hart uit eerbied vir die Here (Kolossense 3;22). Iemand wat net gehoorsaam is as hy dopgehou word, dien net homself. Hy gehoorsaam om geprys te word en om straf te vermy. Dit is ‘’n teken van geestelike onvolwassenheid.

 

Ons word meer soos Jesus DEUR IN God se werk te vertrou

Sonder om gelowiges se verantwoordelikheid te ondermyn, sê Paulus dat heiligmaking ‘’n werk van God se oppermagtige genade is (Filippense 2;1 – 11): WANT DIT IS God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filippense 2;13). Mag God wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom (1 Tessalonisense 5:23).

Het jy al ontmoedig gevoel oor jou gebrek aan vordering in heiligmaking? Sulke gedagtes kan jou verlam en dit is presies wat die duiwel wil hê. “Daar is geen hoop vir jou nie. Jy het teen die sonde baklei en verloor vergeet dit, jy sal nooit soos God wees nie.”

Dit is juis die punt wat Paulus maak. Daar is hoop, want God werk in en deur sy kinders.

“Paul’s teaching is not that God accepts you so no change is necessary, but that God accepts you and therefore change is now possible.” (Ligon Duncan)

Ons werk om meer kennis van God se woord te kry sodat ons alles kan gehoorsaam wat God sê. Ons werk om die evangelie te glo sodat ons God kan liefhê, teen die sonde kan baklei en ander met vreugde kan dien.  Alles word gedryf deur God se werk in ons. God gee meer om vir ons heiligmaking as wat onsself doen. God wil hê dat ons ons vreugde in hom moet vind. SOOS Paulus sê; God verwag nooit dat ons harder vir Hom moet werk as wat Hy vir ons werk nie.