Ons foute word nie verberg nie

 “Some suffering is given in order to chastise and correct a person for wrongful patterns of life (as in the case of Jonah imperiled by the storm), some suffering is given not to correct past wrongs but to prevent future ones (as in the case of Joseph sold into slavery), and some suffering has no purpose other than to lead a person to love God more ardently for himself alone and so discover the ultimate peace and freedom.”  – Tim Keller

Ons foute word nie verberg nie

Ons geloof steek nie foute weg nie. Kyk na Jesus se geslagsregister in Matteus 1. Twee dinge wat dadelik opval is die prostituut en owerspel. In ons moderne kultuur herskryf ons eintlik die geskiedenis van ons helde – die foute word verdoesel en die goeie word opgeblaas. Die Bybel doen nie dit nie.

 

Ragab word nie oorgeslaan nie. Daar staan sy lewensgroot in Jesus se geslagsregister. Ragab die prostituut. Maar ook owerspel word nie weggesteek nie. In vers 6 sou ons verwag: Dawid was die vader van Salomo by Batseba. Dit is nie wat daar staan nie: Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija. Hierdie kind is gebore uit iemand anders se vrou. Sjoe.

Kyk ons na ons eie lewens dink ons daar is sekere dinge wat ons moet wegsteek – al die foute wat ons gemaak het. Ons sny uit. In wese herskryf ons ons geskiedenis. Moenie. Hou op om weg te kruip. Jou littekens word vuurtorings vir ander wat op pad na dieselfde rotse is.