Ons word oud – Bly aan die Gang

 —Roger L’Estrange

Ons word oud – Bly aan die Gang

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

Wat van bejaardes wat Christene is? Dit is mense wat al vir ‘n geruime tyd gelowiges is. Hulle leer dat om met ‘n mens se ouderdom saam te leef ‘n geestelike dissipline is. Hoe lyk die profiel van hierdie bejaarde gelowiges?

 

Ons word nie as Christene gebore nie – jy het doelbewus ‘n Christen geword. Moontlik het jy ‘n bekeringsondervinding van een of ander aard gehad. Jy het moontlik in ‘n krisis bewus geword van sy teenwoordigheid by jou. Jy vertrou Hom as jou Verlosser en gee jouself aan Hom as Here oor. Jy het berou oor sekere oortredings en onderneem om vorentoe as sy dissipel te leef. Jy lees die Bybel en bid gereeld. Nou is jy ‘n ander mens en jy is bewus van sy teenwoordigheid te alle tye.

Van die begin af het jy besef dat jy gered is om te dien. Jy kom gou agter dat jy die hele pad teengestaan gaan word. Langs die pad het die duiwel se magte jou probeer dwarsboom. Jou Christelike lewe was ‘n lang geveg teen die wêreld, jou natuur en die duiwel. Tog het jy ‘n vol lewe gelei. Jy het geleenthede gesoek om te getuig. Jy lewe vir Christus.

Ons weet ons word heilig deur ons vir God af te sonder . Geloof, liefde, lof en geregtigheid vloei uit ons harte deur die krag van die Heilige Gees. Jy werk hard om jou van sonde te weerhou

Met hierdie profiel in gedagte is daar ‘n spesifieke versoeking wat ons in ouer mense kry. Daarna kyk ons volgende keer.