Ontwikkel kennis van ‘n plek

Let us not suppose that, apart from Christ, we have a drop of rectitude – Johannes Calvyn

Ontwikkel kennis van ‘n plek

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Hoe ontwikkel/kweek ons as gemeente of individue stabiliteit? Een manier om dit te doen, is om jou buurt waarlik te leer ken. Plek is ‘n gawe van God – soos alle ander dinge. Ons roeping is om ons plekke op so ‘n wyse te ken dat dit God se gawes aan ons openbaar en in ons ‘n diepe dankbaarheid en vreugde ontketen – dit is aanbidding.

 

Hoe kan ons ons plek leer ken op so ‘n wyse dat ons die mettertyd liefhet? Om dit te doen, moet ons die ritmes van die plek wat ons wil liefhê, leer. Ritme is noodsaaklik vir leer. Ritmes word met tyd geleer – as ons daaraan aandag gee. Dit is moeilik ten opsigte van plek as ons gedurig rondskuif of as ons nie ‘n poging aanwend om met die mense wat daar woon te vebind nie – veral mense wat die wysheid en oorleweringe van die plek ken, want hulle woon al lank daar. Mense het natuurlike ritmes, maar hulle het ook siviele, ekonomiese en sosiale ritmes – verkiesings, skoolkalenders, vakansiedae, ens. Die uitdaging is om die ritme van ons plekke te verstaan en daarby betrokke te raak. Die krag van stabiliteit is die geleentheid om onder die oppervlak te kom, om patrone te herken, om meer sensitief te word vir die werk wat God besig is om ons te doen.

Wat veroorsaak dat ons ons plek ken en liefhet?

  • ‘n Gemeente wat by die gemeenskap betrokke is en waarde aan die gemeenskap heg as ‘n gawe van God. Die gemeente moet aktief sy bure leer ken, tyd met hulle spandeer – dit moet die buurt help om vooruit te gaan.
  • Leer die storie van jou plek. Soos die stories ontdek word, gee dit betekenis aan jou plek en jou plek in jou plek.
  • Gee aandag aan alle fasette van die menslike en natuurlike lewe in jou buurt. Ontdek jou buurt, luister en kyk om jou.

Gemeentes moet lidmate help om hulle buurt beter te leer ken. Verandering is moontlik. Neem die gemeentes die leiding hierin? Ons kan ons siening van ons plek verander as ons doelgerig probeer. Ons moet net nie so haastig wees nie en net daar bly. Mettertyd sal ons baie meer spesifiek raak as ons praat van verandering in ons buurt.

Volgende keer kyk ons na geloofsgemeenskappe as katalisator vir die plaaslike kultuur.