Opreg en onberispelik

A lie will go around the world while truth is putting its boots on – Ou Spreekwoord

Opreg en onberispelik

Sorg dat julle bo verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God (Filippense 2:15)

Dit herinner nogal aan die offerpraktyke van die Israeliete: die offers wat hulle gebring het, moes vlekkeloos gewees het. Dieselfde het ook vir die volk gegeld: Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat (Psalm 15:1 – 2).

 

In ‘n wêreld vol ontaarde en korrupte mense moet die gelowiges in Filippi as ligdraers optree. Gelowiges moet opstaan en teen die bose getuig; gelowiges moet mense na God toe trek. Hierdie lig wat gelowiges moet versprei, moet ‘n baken van hoop in die wêreld wees.

Ons lewens moet rein wees. Reinheid is nie ‘n wapen waarmee ek ander slaan nie; reinheid staan teenoor sonde wat mense se lewens vernietig. Daarom kan reinheid nooit ‘n saak net van my private lewe wees nie – ons kan nooit sê dat onreinheid iets is wat net vir my raak nie. Verslawing aan alkohol raak baie mense om my.

Kan ons eerlik sê dat ons opregte en onberispelike kinders van God is?