www.bybelkennis.co.za Blog

2 Korintiërs (4)

2 Korintiërs (4) – Francois Malan

Nuwe probleme in Korinte (10:1-13:10)

Dié vier hoofstukke word beskou as ‘n aparte brief, wat Paulus geskryf het nadat hoofstukke 1-9 gestuur is, op grond van die stuk se literêre eenheid en van Paulus se veranderde streng verdedigende toon teen nuwe teenstanders [Sommige verklaarders dink al 13 hoofstukke was een brief, maar dat Paulus 10-13 bygevoeg het toe hy verder nuus oor die gemeente ontvang het].

Geloofsvrae: Die gesag van die Bybel

Geloofsvrae: Die gesag van die Bybel – Prof Adrio König

Die gesag van die Bybel

Verreweg die meeste Christene heg besondere gesag aan die Bybel. Dit is ook nie vreemd nie omdat dit ons enigste direkte toegang is tot Jesus Christus en die geskiedenis (Ou Testament) wat op Hom uitgeloop het. Veral die Nuwe Testament bestaan uit geskrifte wat direk of indirek hul ontstaan aan die apostels te danke het. Dit is hulle wat spesiaal deur Jesus afgesonder, voorberei, en uitgestuur is om die evangelie te verkondig. Hulle het in hul werk, en daarom in hul geskrifte, onder die leiding van sy Gees gestaan.

Laat sy Liefde jou Lei: Probeer anders voel

Laat sy Liefde jou Lei: Probeer anders voel – Milanie Vosloo

Probeer ánders voel

Sing vir die Here ‘n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Hy het verlossing bewerk met sy krag en Goddelike mag … Breek uit in sang, sing van vreugde! Psalm 98:1,4

Soms het ons rede om in sak en as te sit en kla. Ander kere is ons geneig om met ’n groot gesnyde wit brood onder die arm ons lot te bekla teenoor almal wat wil luister (en selfs dié wat regtig nie lus is om te luister nie!).