www.bybelkennis.co.za Blog

Tyd en horlosies

Tyd en horlosies – Jan van der Watt

Tyd het jy nie op horlosies gesien nie.

As ons kyk hoe horlosies die moderne lewe beheers, besef ons hoe ʼn belangrike rol tyd regtig in ons lewe speel. In die antieke tyd was tyd ook belangrik, maar die mense het anders oor tyd gedink as ons.

Wie presies is die Kumraangemeenskap?

Wie presies is die Kumraangemeenskap? – Jan van der Watt

Ons lees wel nie van die Kumraangemeenskap in die Bybel nie, maar die ontdekking in 1947 van hulle biblioteek naby die ou ruïnes van hulle dorpie langs die Dooie see, het hulle meer as bekend gemaak.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (11)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (11) – Jan van der Watt

Mense buite die groep het jou nie veel aangestaan nie

Omdat jou belange so nou verweef is met die groep se belange, het jy mense buite jou groep met wantroue bejeën. Jy was geen verantwoordelikheid of lojaliteit aan hulle verskuldig nie. Die Gallio-episode (Handelinge 18:14-17) illustreer dit mooi: Gallio het die probleme as binne-Joodse gevegte gesien en besluit dit gaan hom as Romeinse heerser nie aan nie. Hy sê dus dat hulle hulle eie probleme moet uitsorteer (sien ook Johannes 18:31; 19:6,12).

Vloekwoorde

Vloekwoorde – Adrio König

Paul vra:

Ek wil weet: wat klassifiseer ‘n woord as ‘n vloekwoord? Hoe weet ons watter woorde is vloekwoorde, en ook waar daaroor gepraat word in die Bybel vir verwysing.