www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Ewigheid

Ewigheid – Adrio König

Dit is ’n apokaliptiese begrip (*Apokaliptiek) wat ons ons moeilik kan voorstel omdat dit nie deel van ons ervaringsveld is nie. Ons kan dit wel negatief stel teenoor ons ervaring van eindigheid en tydelikheid wat weldeeglik deel van ons ervaring is. Ons sien mense doodgaan; trouens, omtrent alles om ons vergaan, en ons word self stadigaan oud.

Esegiël 39

Esegiël 39 – Marius Nel

Jan Smith vra:

Volgens Esegiël 39 sal Israel vir 7 jaar kan vuurmaak met die verslane leërs se skilde, boë, pyle, knopkieries en spiese. Verder sal hulle die dooies vir 7 maande lank begrawe. Die roofvoëls en wilde diere sal ook na hartelus kan eet.