www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Pinkster- en Charismatiese Kerke

Die Groot Geloofswoordeboek: Pinkster- en Charismatiese Kerke

Four Square Gospel • Apostoliese Geloofsending Kerk • Volle Evangelie Kerk (*Pinkster- en Charismatiese kerke)

Die Four Square Gospel word ook die Vierkant-evangelie ge­noem. Dit is die siening van die viervoudige amp van Jesus as die Ver­losser, die Geneser, die Doper met die Gees en die komende Koning.

Die Groot Geloofswoordeboek: Gelykenis

Die Groot Geloofswoordeboek: Gelykenis

‘n Gelykenis is ‘n verhaal uit die gewone lewe om ‘n geestelike of morele waarheid oor te dra. Jesus het baie gelykenisse vertel, maar daar is ook gelykenisse in die Ou Testament (Rig 9:8 ev; Jes 5:1-2). Dit is nie aanvaarbaar om aan elke klein besonderheid in ‘n gelykenis ‘n spesifieke betekenis te gee nie, al is dit ‘n baie ou gebruik.

Die Groot Geloofswoordeboek: Gebed

Die Groot Geloofswoordeboek: Gebed

Gebed is deel van ons antwoord aan God. Gebed kan baie vor­me aanneem. ‘n Mens kan hardop of sag bid, lank bid of ‘n “skiet­gebed opstuur”. Daar is meer formele gebede in eredien­s­te, en persoonlike gebede. Soms hoor ‘n mens van gebedsreise. Ge­meen­tes organiseer ook geleenthede van “deurnaggebed” in buiten­gewone omstandighede.

Die Groot Geloofswoordeboek: Gawes en vrug van die Gees

Die Groot Geloofswoordeboek: Gawes en vrug van die Gees

Verbygaande gawes?

Dit gaan hier oor die gawes waarvan ons veral in 1 Korintiërs 12 lees, en die vrug van die Gees (Gal 5:22-23). Daar was vir baie lank in die historiese kerke groot teologiese ver­skille of die Gees­tesga­wes in die geheel nog voorkom. Veral onder sommige Gereformeerdes was daar ‘n sterk saak uitge­maak vir die sogenaamde “Streepteolo­gie”, die oortuiging dat die gawes net vir ‘n tyd lank bedoel was en daarna verdwyn het. Daar is veral na 1 Korintiërs 13:10 verwys: “Maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.”