www.bybelkennis.co.za Blog

Mag ‘n Christen wat geskei het weer met iemand anders trou?

Mag ‘n Christen wat geskei het weer met iemand anders trou? – Kobus Kok

Voordat ons hierdie vraag begin beantwoord moet ons vir mekaar dit duidelik stel dat die Bybel van die begin af al dit duidelik maak dat getrouheid ʼn wesenlike element van ʼn mens se verhoudingslewe moet wees. In die Ou Testament word die verhouding tussen ʼn man en ʼn vrou dikwels as analogie (voorbeeld) gebruik om te verduidelik hoe God getrou is aan sy beloftes aan sy volk wat telkens ontrou is. Trouheid is met ander woorde ʼn baie belangrike motief regdeur die Bybel.

Boeke van die Bybel

Boeke van die Bybel

Die Bybel is eintlik ʼn biblioteek boeke. Die boeke is oor ʼn lang periode van ongeveer 2000 jaar geskryf en verskil dus baie, nie alleen wat die verskillende situasies betref waarin die boeke ontstaan het nie, maar ook wat inhoud betref.