www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Biskop

Die Groot Geloofswoordeboek: Biskop

‘n Biskop is deel van ‘n hiërargiese sisteem van kerkregering (*Amp), dit wil sê ‘n sisteem waarin sommige ampsdraers gro­ter ge­sag het as ander. Dit staan teenoor die sogenaamde presbi­teriale sisteem waarin alle ampte in die kerk gelyk is.