www.bybelkennis.co.za Blog

Mag ‘n vrou mans leer?

Mag ‘n vrou mans leer? – Jan van der Watt

‘n Leser vra:

Ek wil graag meer weet oor “teachings” onderrig deur ʼn  vrou (met verwysing na die Bybel) en of daar ʼn  verskil is tussen “teaching en preaching” onderrig en prediking. Veral onderrig deur ʼn vrou aan mans en dan veral oor dogmatiek en nie net daaglikse onderwerpe soos Christelike siening oor finansiële begroting of algemene onderwerpe nie.

Aan die ander kant

Aan die ander kant – Jan van der Watt

ʼn Leser vra:

Ek het na die program op TV gekyk “Aan die ander kant.” Ek kan sien dat daar groot belangstelling is veral as mense iemand na aan hulle verloor het. Die aanbiedster het ook gepraat oor ʼn persoon aan die anderkant wat blykbaar terwyl hy hier op die aarde was net baie gewerk het en nie tyd gebruik het vir sy geestelike lewe nie. Hy het gevra dat sy gesin vir hom moet intree en bid soos daar in die Woord staan “waar 2 of meer saamstem.” Dit maak nie vir my sin nie. As mens nie ʼn verhouding met God hier op aarde gehad het nie, hoe kan daar iets vir jou gedoen word as jy klaar dood is.

Hoekom is die Christene vervolg?

Hoekom is die Christene vervolg? – Jan van der Watt

Erika vra:

Hoekom het Paulus die Christene vervolg? Wat was dit wat die Joodse geloof en reëls en Fariseërs gehad het teen Jesus in Paulus se tyd? En hoekom moes die Christene doodgemaak word? Kon hulle nie maar soos vandag keuses gehad het nie?