www.bybelkennis.co.za Blog
Postmodernisme se kind “postfoundationalism” keer terug na grondwaardes – Kobus Kok
Karen vra:
My vriendin sê dat haar geloof Christelik Postmodern is. Wat verstaan ek onder hierdie beskrywing?
Mag van die Satan(2) – Henk Geyer
Daar was ‘n vraag en antwoord oor die mag van die Satan. Na aanleiding daarvan skryf Henk Geyer:
Ek het die volgende verklaring van die mag wat aan Satan gegee is, gehoor. Ek sal u kommentaar waardeer:
Die duiwel as aanklaer – Jan van der Watt
Erica Coetzee vra:
Die duiwel was die aanklaer van mense by God, maar het sy posisie verloor as aanklaer deur Jesus se kruisdood en opstanding. Jesus het die duiwel se plek ingeneem as advokaat. Verstaan ek dit reg? Wat is die duiwel se posisie dan nou? Hy is nie meer in die hemel om die aanklaer te wees nie, so hy versoek, verlei en mislei ons op aarde?
Ter helle neergedaal – Jan van der Watt
Isabell vra:
Sedert my Sondagskooldae hoor ek dat Jesus, nadat Hy dood is, “ter helle neergedaal” het, met ander woorde, as ek dit reg verstaan, 3 dae in die hel deurgebring het sodat ek dit nie hoef deur te maak nie. Maar, Sy laaste woorde aan die kruis was: Vader in U hande gee Ek My Gees oor”. Wat ek nou verstaan is dat Satan nooit beheer oor Sy Gees gehad het nie. Wat moet ek van alles verstaan?