Petrus loop op die water

In truth it is right to make a great distinction between the faults that come from our weakness and those that come from our malice –  Michel de Montaigne

Petrus loop op die water

Meeste Christene ken die verhaal van Petrus wat op die water geloop het. J. D. Greear sê dat die vraag is waarom Matteus dit in sy evangelie ingesluit het. Dit is tog nie bedoel om ons aan te moedig om op water te loop nie. In Handelinge 27 word Paulus se skipbreuk beskryf. Paulus oorweeg dit nie om op die water strand toe te loop nie.

Die verhaal van Petrus sê vir ons hoe om met dit wat ons in geloof begin het, te volhard.

  • Aanvanklike geloof is nie genoeg nie – ons moet volhard

  • Ons kry volhardende geloof op dieselfde plek waar ons aanvanklike geloof gekry het
  • Wat het Petrus van die veilige boot na die onvoorspelbare water laat beweeg? Twee dinge:

  • Jesus se trou is belangriker as Petrus se geloof
  • Hierdie verhaal is nie vir ons ‘n verhaal om na te boots nie, maar ‘n verhaal om op ons Verlosser te vertrou. As ons na Jesus roep – al is ons bang, al is ons geloof klein – hoor Hy en help Hy vir ons. As ons twyfel, moet ons nie die gehalte van ons geloof bevraagteken nie. Nee, ons moet weer ons oë op Jesus Christus rig. Ons moet ons weer en weer en weer oorgee aan sy genade.