Poligamie

Poligamie – Marius Nel

Anton vra:

Hoekom mag mans in die Ou Testament meer as een vrou gehad het en in die Nuwe Testament het dit verander ?

Antwoord:

Dr Marius Nel antwoord

Israel het hulle godsdiens binne ‘n spesifieke kulturele opset bedryf, en God se openbaring was binne daardie kultuur. In antieke tye was poligamie wyd aanvaar, en in die intertestamentêre periode is monogamie aanvaar. Daarom was die praktyk in die Ou Testament een van poligamie, wat deur Israel se aartsvaders aanvaar is. Teen die NuweTestamentiese tyd het die standard verander.

Onthou dat God Hom altyd binne ons kulturele situasie openbaar, alhoewel Hy dikwels nie die mens se kulturele situasie net so laat nie.

 

Skrywer: Dr Marius Nel