Praat God nog met ons?

image_pdfimage_print

If we never have headaches through rebuking our children, we shall have plenty of heartaches when they grow up. –C.H. Spurgeon

 

Praat God nog met ons?

‘n Leser het vir Billy Graham gevra hoe God vandag met ons praat. Of praat Hy nie meer met ons nie? God het die vermoë om met ons te praat, al is dit nie in ‘n hoorbare stem nie. Hy kan met ons op ‘n verskeidenheid maniere praat: deur gebed, deur die Bybel, deur die geloofsgemeenskap is enkele voorbeelde. Hy sê dat dit moontlik vir God is om met ons met ‘n hoorbare stem te praat, maar meestal gaan dit eerder oor ‘n diep innerlike oortuiging van God se wil. Ander gelowiges kan ons bemoedig en ons help om sy wil te verstaan.

 

Maak nie saak watter manier God gebruik om met ons te kommunikeer nie, sal ons weet dat Hy ons liefhet en weet wat die beste vir ons is. En Hy wil hê dat ons dit moet weet. God woon in ons deur sy Heilige Gees onder andere om ons te lei.

Ek wil jou onerrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou (Psalm 32:8).

Die Bybel is die direkte manier vir gelowiges om God se stem te hoor. God wil met ons praat Daarom het Hy aan ons die Bybel gegee as instrument om Hom beter te ken en te verstaan wat sy plan vir elkeen van ons is. Daarom is dit belangrik om nie net te praat as ons met God kommunikeer nie – ons moet veral luister. Ons moet fokus op wat God reeds vir ons gesê het en hoe ons dit van toepassing op ons lewens moet maak.

 

Ons moet ook nooit die belang van gelowige vriende onderskat nie. Hulle bemoedig ons, daag ons uit en stel ons reg as ons afdwaal.

 

image_pdfimage_print