Prof. Jan van der Watt

Prof. Jan van der Watt

Prof Jan van der WattJan van der Watt (Geb. 5 Nov 1952) matrikuleer in 1970 in Port Elizabeth, Daarna verwerf hy BA aan die Universiteit van Port Elizabeth en BA (Hons), MA, en DLitt (Grieks) en BD, Nagr Dipl Teol en DD in Nuwe Testament, alles met lof.

Hy begin sy loopbaan as dosent en hoof van die Departement van Nuwe Testament aan die Univesiteit van Fort Hare. In 1986 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Pretoria waar hy tans die hoof van die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap is. Hy is ook persoonlike akademiese raadgewer van die rektor van die Christelike Universiteit van St Petersburg (Rusland) waar hy ook honorêre professor is. Hy was al gasdosent in lande soos Duitsland, Nederland, Oostenryk, Rusland, Amerika, Suid-Korea. Studente uit verskeie wêrelddele studeer ook onder sy leiding, bv. uit Rusland, Romenië, Suid-Korea, Thailand, Amerika, Hong Kong, Rwanda, Australië.

Hy is tans die hoogs-gegradeerde teoloog in Suid-Afrika wat permanent aan ‘n universiteit werk (die gradering word deur die Nasionale Navorsingsraad van Suid-Afrika gedoen). Hy was 8 jaar voorsitter van die Johannesseminaar van die wêreldliggaam van Nuwe-Testamentici. Hy het verskeie toekennings en erkenings ontvang, onder andere deur die Alexander von Humboldt Stigting (Duitsland), Centre for Theological Inquiry (Princeton, VSA), Tyndale Fellowship (Cambridge, Engeland),  bekroning deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Christelike boekhandelaarsvereniging van Suid-Afrika.

Onder sy byna 40 boeke en oor die 100 artikels tel Die Boodskap, Die Bybel A-Z, My eerste Boodskap, verskeie Bybelstudies oor bv 1 Korintiërs, 1 Johannes, boeke oor vergifnis, engele, gebed ens.

Hy is tentmaker-leraar by die Ned Geref gemeente Kemptonpark Oos en Faerie Glen (Pretoria) en aanbieder van ‘Verstaan jy wat jy lees?’ (Vrydagoggende 8h00) op Radiokansel.

Prof JaN en sy vrou Shereen

Prof Jan en sy vrou Shereen