Psalm 26 (5)

God can achieve his purpose either through the absense of human power and resources or the abandonment of reliance on them (Oswald Chambers).

 

Psalm 26 (5)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese implikasies

Hierdie psalm herinner ons daaraan dat die ideaal is dat mense wat bid, aanspraak op morele integriteit kan maak. Hulle moet hulle losmaak van die goddeloses. Die psalm veronderstel dat God se verhouding met ons berus op God se aanvaarding van ons. Dit het niks te doen met ons wat iets verdien nie. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid dat mense wat deur die Here aanvaar word met integriteit en vertroue moet leef.

 

Godsdiens het twee kante, My verhouding met God word ook beïnvloed deur my verhouding met ander mense. Gaan ek met die verkeerde mense om, kan ek ook betrokke raak by hulle verkeerde dade. Dit raak my verhouding met God. Ek moet die goeie doen en doelbewus die kwaad vermy.

 

Die feit dat niemand volmaak is nie, is nie ‘n rede om nie vir ons toe te wy aan ‘n regte lewe in die samelewing  of om net op die Here te vertrou nie. Die feit dat ons geroep word om met die goddeloses te assosieer om God se liefde na hulle te bring moet gepaard gaan met ‘n besliste teregwysing aan hulle – ons moet niks met hulle manier van dink en doen te doen hê nie. Ons is geroep om in die wêreld, maar nie van die wêreld te wees nie. Ons moet op ‘n onderskeidende manier sit, staan en loop. Ons kan nie vir God en vir Mammon dien nie.

 

Mense sonder morele integriteit en vertroue in God kan steeds bid dat God hulle moet verlos. Hulle mag vind dat God mag reageer. Mense wat aanspraak op morele integriteit en vertroue in God kan maak, het ‘n vaster basis om op God te vertrou om hulle te verlos.