Psalm 27 (4)

 

Nothing that has not died will be resurrected – C. S. Lewis.

 

Psalm 27 (4)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese implikasies

Hierdie psalm word dikwels met Romeine 8:31 – 39 vergelyk. Ons moet egter nie die psalm se vertroue en die gebed net sien as in die geestelike sfeer nie. Dit geld ook vir die sekulêre en materiële gebiede. Die psalm getuig van die ondervinding van God wat teen wêreldse aanvallers beskerm. Die psalmis bid dat die Here dit weer sal doen. Hy moedig homself aan om aan te hou verwag dat God dit weer sal doen.

 

In hierdie psalm kry ons ‘n sterk band tussen getuienis of danksegging, tussen gebed of pleidooi en seldbemoediging. Getuienis kry sy bestaansdoel deels daarin dat dit die getuie  aanmoedig om met vertroue te bid.

 

In gebed trek ons voordeel as ons onsself herinner aan die geleenthede waar ons God gevra het om ons te beskerm en Hy dit gedoen het. Dit bou ons vertroue op om God te vra om dit weer te doen – en oortuig te wees dat Hy dit sal doen. Verwagting berus op nadenke oor ons ondervindings en van gebed wat met vertroue op ons ondervindings bou.