Psalm 34(2)

 

When we meet people, hear stories, and see faces of injustice like this around the world, it is altogether right for us to respond with compassion, conviction and courage – David Platt

 

Psalm 34(2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

34:2 – 4: Die aanvanklike onderneming van lof

Alef

2Ek wil die Here die hele tyd prys, my mond is voortdurend vol van sy lof.

Hierdie verwys na ‘n liggaamshouding van aanbidding en ‘n hoorbare uitspreek van lof.  Hele tyd en voortdurend beklemtoon dat lof aan die Here sonder ophou moet wees.

 

Bet

3In die Here sal ek roem; verdruktes sal dit hoor en hulle verheug.

Die getuienis spreek veral die verdruktes/swakkes aan. As gevolg van hierdie getuienis word hulle aangemoedig om hulle gesindhede te verander. Dit gaan nie net oor die oordrag van kennis nie, maar hierdie onderrig moet vrugte dra – vreugde.

 

Gimel

4Roem saam met my in die grootheid van die Here, ja, laat ons saam sy Naam verheerlik.

Hier gaan dit oor roem en verheerlik. Lof kry ons in die liggaam van gelowiges verspreid oor tyd.

 

34:5 – 7: Die Here tree op

Die psalmis praat hier van ‘n geleentheid toe die Here opgetree het. Hierdie is toepaslik, nie net vir die persoon wat hierdie ondervinding gehad het nie,  maar ook vir ander. Die aanbidder was swak/verdruk; hy word deur skrikwekkende omstandighede bedreig. Hy bid; die Here luister; die Here antwoord; die Here red.

 

Dalet

5Ek het die Here smekend genader en Hy het my geantwoord; uit al my verskrikkinge het Hy my gered.

Hierdie vers som die wese van getuienis op: ek bid – nader die Here smekend; God reageer; God red. Die reaksie op ons gebede bestaan uit woorde en dade – God antwoord, maar Hy red ook. Hy red my van die voorwerp van verskrikking en nie net van die gevoel van verskrikking/bedreiging nie.

 

He

6Verdruktes kyk na Hom en hulle gesigte straal; hulle hoef nie verleë te wees nie.

Verdruktes verwys na die verdruktes in vers 3. Kyk na die Here is dieselfde as om hulp by Hom te soek. Hier het ons ‘n visuele beeld.  Eerstens word daar na die Here gekyk; hulle (die mense wat kyk) se voorkoms verander: hulle gesigte straal.  Hierdie nuwe voorkoms veroorsaak dat hulle nie verleë hoef te wees nie.

 

Zajin

7Hierdie magtelose het geroep en die Here het gehoor, en uit al sy benoudheid het Hy hom verlos.

Hier word die aanbidders as magteloos geïdentifiseer. Dit mag impliseer dat hulle onderdruk word.