Psalm 35(3)

All addictions make us slaves, but each time we confess openly our dependencies and express our trust that God can truly set us free, the source of our suffering becomes the source of our hope – Henri Nouwen

 

Psalm 35(3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

35:11 – 18: ’n Persoonlike aanval na ‘n persoonlike ramp

Hierdie gedeelte werk op na nog ‘n pleidooi (35:17) en ‘n duidelike verklaring van hoe die psalmis van die Here sal getuig (35:18). Intussen fokus hy op ‘n klaaglied oor hoe sy aanvallers optree. 35:11 – 16 is ‘n uitbreiding op 35:7.

 

Die toneel verander. Ons het hier ‘n skynverhoor. Selfs vandag nog kom onskuldiges voor die hof op uitgedinkte aanklagte wat hy weet hy nie die geleentheid sal hê om te weerlê nie. Die digter se aanklaers was mense met verwronge denke.

 

35:11:11Gewelddadige getuies staan op, oor iets waarvan ek niks weet nie, ondervra hulle my.

Hier word die metodes wat die aanvallers gebruik duideliker. Hulle getuig teen die psalmis. As gewelddadige getuies doen hulle dit op ‘n skandalige, wettelose manier – dit sal in bloedvergieting eindig. Staan op verwys na getuies wat opstaan om te getuig. Wat gebeur as hulle getuig? Hulle kruisondervra die psalmis oor dinge waarvan hy niks weet nie.

 

35:12: 12Hulle vergeld my kwaad vir goed, ek is stoksielalleen.

Hier word die psalmis se eie optrede teenoor dié van die aanvallers gestel. Hier word verwys na die psalmis se optrede in die verlede teenoor dié van sy aanvallers. Hiermee word die aanvallers se verkeerde optrede beklemtoon. Nie alleen het die aanvallers se aanvalle geen gronde nie, maar hulle aanvalle is teenstrydig met die psalmis se optrede. Hierdie teenstrydigheid lei tot hartseer.

 

35:13: 13Maar ek, toe hulle siek was, het ek rouklere aangetrek, en ek het myself gefolter deur te vas. Toe my gebed nie verhoor is nie

Die psalmis trek rouklere aan as die aanvallers siek is. Om rouklere aan te trek was ‘n manier om God se aandag op hulle behoefte te wys. Dit word verder gevoer deur te vas – nog ‘n teken van hartseer. Om net hartseer te voel is nie genoeg nie. Daarmee saam het hy gebid vir hulle genesing. Hy het homself gefolter deur gedurig vir sy aanvallers te bid.

 

35:14: 14Was ek rusteloos asof dit ‘n vriend, my broer was. Soos iemand wat oor ‘n ma treur, het ek geboë in rouklere geloop.

Om geboë in rouklere te loop mag verwys na donker klere of deur jouself met as en stof te besmeer. Die psalmis het werklik omgegee vir sy aanvallers – hy treur soos iemand wat oor ‘n ma treur.

 

35:15:  15Maar toe ek struikel, was hulle verheug en het saamgedrom; aanvallers het teen my saamgedrom sonder dat ek dit besef, hulle het my sonder ophou uitmekaargeskeur.

Hier sien ons duidelik die teenstelling tussen die aanvallers se reaksie en die behoefte van die psalmis. Hulle lag en drom saam. Hoekom? Hulle was teen die psalmis en hulle was kwaaddoeners wat soos wilde diere die psalmis uitmekaargeskeur het. Hierdie was waarskynlik ‘n aanval met woorde en nie ‘n fisiese aanval nie.

 

35:16: 16Hulle toets my, hulle spot my met minagting, hulle kners hulle tande vir my.

[Kners van tande is ‘n teken van woede en kwaad.] Hulle was goddelose mense – hulle spot ‘n persoon wat op die grond is. Hulle is duidelik vyandiggesind teenoor die psalmis.

 

35:17: 17My Heer. Hoe lank gaan U toekyk? Red my lewe uit hulle vernietiging, my enigste lewe van die jong leeus.

Hierdie gedeelte word met ‘n pleidooi in die twee laaste verse afgesluit. Dit begin met ‘n smeekgebed: My Heer. Daarna: Hoe lank … is iets wat ons dikwels in klaagliedere kry. Hoe lank gaan U toekyk – gewoonlik word die Here se sien/kyk positief ervaar, want dit lei onvermydelik tot optrede. Nie hier nie. Hoe lank sal dit wees voor die Here ophou kyk en begin optree?

 

35:18:  18Dan sal ek U prys in ‘n groot vergadering, tussen ‘n menigte mense sal ek U loof.

Hierdie verwagting van prys en loof kyk vooruit na lof is die feestelike atmosfeer van die tempel. Net die Here kan hom help. Daarom wy hy hom opnuut aan God. Hy belowe dat as die Here hom verlos, hy Hom in ‘n groot vergadering sal dank en voor die hele gemeente sal prys. Hoekom? Want ander gelowiges moet deel in die wonderlike ervaring dat God tog ingryp en na ‘n mens se noodkrete luister.