Psalm 36 (2)

Psalm 36 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

36:2 – 5: Die goddelose persoon.

2In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord.

Die goddelose het geen vrees vir God nie

3en praat net goed oor homself.

Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat.

4As hy praat, is dit kwaadwillig en vals; verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.

5Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit;

hy bly op ’n pad wat nie reg is nie; wat sleg is, verwerp hy nie.

 

Die psalmis sê die goddelose is altyd in opstand teen God. Hy het geen vrees vir Hom nie; hy praat net goed oor homself; hy is kwaadwillig en vals, vol haat en onverstandig. Goed doen bestaan nie vir hom nie. Al waaraan hy gedurig dink – selfs as hy gaan lê – is die kwaad. Hierdie beskrywing klink iewat oordrewe, maar die bedoeling is om ‘n kontras te skep met wat volg.

 

Wie staan onder die oordeel van God? Natuurlik alle mense, want almal is sondaars. Diegene wat teen God in opstand kom, straf hy. Diep in sy hart fluister opstand vir die goddelose mens – hy is nie meer deel van God en die verbond nie Hy dink hy is beheer van sy eie lot. Omdat hy buite die verbond staan, het hy nie meer ‘n ster om hom te lei nie. Hy besef nie die mens se vermoë om homself te verlei nie. Omdat hy buite die verbond staan, besef hy nie dat hy ‘n sondaar is nie en daarom het hy geen vrees vir God nie. Die goddelose dink dat hy al die antwoorde het.