Psalm 36 (4)

TEOLOGIESE Implikasies

 

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

 

In die lewe kry ons twee partye:

  1. Mense wat in opstand teen die Here kom, wat ontrou aan Hom is, wat ander mense skade aandoen en wat hulle tyd spandeer aan die beplanning van mileiding. Hulle is in verhewe posisies wat hulle in staat stel om hulle planne uit te voer.
  2. Die Here  gekenmerk dur toewyding en trou en gesag. Hy het dus die vermoë om uitvoering aan sy planne te gee, te beskerm en oorvloedig te gee.

 

Die digter sê belangrike dinge in hierdie psalm:

  1. My verhouding met God. Hy sorg vir my; Hy beskerm my; Hy is vir my die bron van die lewe. Daarom, as my vyande op my afstorm; as hulle my wil breek; as hulle my dood soek … moet ek my toevlug tot God neem. Ek moet by Hom skuil. By Hom alleen is ek veilig; Hy alleen kan my red.
  2. My verhouding met die goddeloses. Hulle mag baie meer wees as ek; hulle mag sterker wees as ek; hulle mag my dikwels met vrees vervul … maar ek hoef nooit voor hulle te gaan lê nie. Hoekom nie? Want die God aan wie ek behoort, is groter as hulle; Hy is oneindig sterker as hulle; as Hy sy hand oplig om jou teen hulle te beskerm, sal hulle val net daar waar hulle staan en hulle sal nie weer opstaan nie.

 

Ons moet versigtig wees om nie die alledaagse implikasies nie raak te sien nie omdat ons die psalm in die lig van die Nuwe Testament herinterpreteer nie Die psalm verklaar dat God ryklik materieel voorsien en dat Hy ons liggaamlik beskerm. Hy nooi ons uit om daarvoor te vra.