Psalm 37 (5)

Psalm 37 (5)

Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

37:21 – 26: Vierde vergelyking (37:12 – 26)

12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.

13Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom.

14Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die armes

dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word.

16Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses,

17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,

maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.

18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,

en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.

19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,

in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

20Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan;

soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.

21Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry Hy jammer en help.

Slegte tye is tye wanneer mense moet leen. Dat hulle nie kan terugbetaal nie is die beloning vir hulle goddeloosheid, want om nie terug te betaal nie, het ernstige gevolge. Die Here is die een wat seën of verkleineer. Om die regverdiges te seën, maak mense voorspoedig. Om vervloek te word, maak mense onsuksesvol en onproduktief.

 

22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;

maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.

23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

Die Here verseker dat mense vas kan staan – Hy ondersteun hom, want die Here is tevrede met die pad wat hy loop. Die psalmis is nie onrealisties nie – hy besef dat die regverdiges ook kan val. Maar die regverdiges val nie op so ‘n manier dat hulle nie weer kan opkom nie. Hulle word ook nie uit die land gegooi nie. Die Here neem die hand van die regverdiges wat val en lig hulle op en ondersteun hulle.

 

25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan.

Die psalmis het ‘n lewe van ondervinding. Die regverdiges het nie net genoeg vir hulleself nie, en daarom kan hy sekere aankondigings maak. Weereens sal die regverdige die land behou. Hulle kan dus hulle nageslag van kos voorsien. Nie alleen het hulle genoeg vir hulleself nie, maar hulle kan ook vrygewig wees en leen aan diegene wat nie het nie.

 

Die digter wys hoe God die regverdiges en die goddeloses beloon vir hulle uiteenlopende houdings oor geldsake. Die goddeloses leen geld, en betaal nie terug nie. Die Here se optrede teen mense wat so maak, is vernietigend: Hy vervloek hulle en roei hulle uit. Rykdom is nie die belangrikste ding in die lewe nie – dit vergaan. Fisieke geweld weeg ook nie op teen die mag van die Here nie. Die Here sorg vir sy kinders in tye van gebrek, veral as hulle nie gierig is nie, maar hulp aan ander verleen.

 

Die regverdiges se houding verskil geheel en al hiervan. Hulle kry arm mense jammer en help hulle deur vir hulle geld te leen sonder rente. Met sulke optrede is die Here volkome gelukkig. Daarom beloon Hy hierdie mense; Hy seën hulle; Hy lei hulle op die regte pad; Hy ondersteun hulle; Hy help hulle op as hulle val; Hy laat hulle nooit alleen nie; Hy sorg vir hulle nageslag.