Reaksie op Paulus se benadering

 

Let the wife make her husband glad to come home, and let him make her sorry to see him leave.” -Martin Luther

 

Reaksie op Paulus se benadering

Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste.  Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.

 

Paulus se benadering – inhoud en styl – het die gehoor se aandag vasgevang totdat hy iets gesê wat vir sy gehoor onaanvaarbaar was. Liggaamlike opstanding was vir die filosowe ondenkbaar – die liggaam was immers boos – ‘n tronk wat die siel gevange gehou het. Geen wonder Paulus het drie reaksies op sy toespraak nie.

  • Party het hom uitgelag.
  • Party wou meer hiervan hoor.
  • ‘n Paar mense het egter gelowig geword.

 

In sy toespraak bied Paulus kern Bybelse leer aan – die bestaan van een ware God; hierdie God was die Skepper en Onderhouer van alles; die dwaasheid van afgode; die waardigheid van mense wat na die beeld van God gemaak is; God se oordeel van almal wat vals gode aanbid; die noodsaaklikheid om hulle te bekeer van misplaasde godsdiens en praktyke. Dit alles  kry ons in die Ou Testament. Hy huiwer nie om dit aan te bied in die terminologie van die filosowe wat daar teenwoordig was nie. Hy gebruik ook die klassieke retoriese benadering.

 

Paulus bou brue waar hy kon deur sy kennis van die wêreldsienings van sy gehoor. Hy gaan egter geen kompromieë oor die evangelie aan nie. Paulus druk kern Bybelse idees uit op ‘n manier wat kultuur relevant is. Terselfdertyd daag hy sy gehoor uit en bied die oplossing vir hulle onkunde aan.