Reëls vir Gebed

Reëls vir Gebed

Calvyn het geglo dat gebed dissipline vereis. As ons nie ‘n sekere tyd van die dag vir gebed opsy sit nie, vergeet ons om te bid. Hy gee dan sekere reëls vir gebed.

 

‘n Opregte gevoel van eerbied

Ons moet onthou dat ons in gesprek met God is. Ons gesindheid moet dit bewys. Calvyn sê ons hart en denke moet gedissiplineerd wees. Ons mag nooit God se majesteit vergeet nie.

‘n Opregte gevoel van behoefte en belydenis

‘n Opregte gevoel van nederigheid en vertroue in God.

Ons moet afstand doen van alle vertroue in onsself en nederig pleit dat Hy ons sal verskoon. Ons moet in sy genade alleen vertrou vir seën – geestelike en tydelik. Trots is fataal.

‘n Opregte gevoel van hoop

Ons vertrou dat ons gebede verhoor sal word. Hoekom? Deur die werking van die Heilige Gees in ons. Geloof en hoop oorwin vrees. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie (Jakobus 1:6).

Hierdie reëls klink vir ons oorweldigend – selfs onbereikbaar. Calvyn erken dat ons gebede vol swakhede is, maar God aanvaar ons gebrek aan woorde en onkunde. Ons gebedslewe gaan dikwels met twyfel gepaard. Dit is ‘n bewys dat ons moet aanhou bid.