Slaap jy genoeg?

 

Every sin, no matter how seemingly insignificant, is an act of rebellion against the sovereign God who reigns and rules over us and as such is an act of treason against the cosmic King – R.C. Sproul:

Slaap jy genoeg?

Ons samelewing plaas ‘n hoë waarde op prestasie. Ons hoor gedurig mense wat spog oor hoe lang ure hulle werk. Nooit hoor ons hoeveel ure hulle slaap nie. Maar sê nou maar net dat slaap jou kan help om te presteer? Kundiges sê dat ons agt ure per nag moet slaap, maar mense slaap gemiddeld net 6,8 uur per nag – en as die druk hoog is nog minder.

Hoekom kry ons nie genoeg slaap nie? Omdat ons glo dat een uur minder slaap een uur meer produktiwiteit beteken. Ongelukkig werk dit nie so nie.

Natuurlik kom daar noodgevalle wat ons dwing om minder te slaap, maar dit moet nie die norm word nie. Slaap is nie ‘n luukse nie; om slaap vir produktiwiteit op te offer, is roetinge praktyk in ons moderne lewe. Maar uiteindelik gaan ‘n gebrek aan slaap jou vang – jou fisiese gesondheid en jou verstandelike skerpheid verminder.

Hoe kan slaap ons nou help om tydens die dag meer te bereik?

  • Slaap hou ons skerp. Hoe dikwels knik jou kop nie terwyl jy by jou lessenaar sit nie? ‘n Gebrek aan slaap veroorsaak dat jou verstandelike skerpheid afneem – jy is moeg, jy kan nie fokus nie, jou reaksietyd is stadig, ens.
  • Slaap verbeter ons vermoë om te onthou, te leer en te groei. Ons gedagtes is aktief terwyl ons slaap. Nuwe inligting wat ons tydens die dag geleer het, word geïntegreer; al die waardelose goed  wat ons daardie dag gehoor het, word van die dinge wat belangrik is, geskei. As ons werk afhang van kreatiwiteit en insig is slaap noodsaaklik
  • Slaap verfris ons emosionele toestand. Niks kan ons so teneergedruk, buierig, nukkerig en geïrriteerd maak soos ‘n gebrek aan slaap nie. Slaap verminder die stres chemikalië in die brein. Ons kan dus vars begin as ons genoeg geslaap het.
  • Slaap verfris ons liggame. Almal van ons het ‘n wekker in ons liggame. As ons hierdie wekker ignoreer, skep ons onnodige spanning. Dit mag lei tot depressie, hoë bloeddruk, ens. Slaap verminder die stres chemikalië in ons liggame. Dit versterk ons immuunsisteem en verbeter ons liggaamsmetabolisme. Jou batterye is gelaai vir die volgende dag.

Slaap verbeter jou produktiwiteit – dit is nie tyd wat gemors word nie. If we want to get ahead, we need to go to bed.