Spreuke: Wat is dwaasheid? (1)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (1)

Dwaasheid is die teenoorgestelde van wysheid. Om te sê iemand is ‘n dwaas, is ‘n belediging. In Spreuke is ‘n dwaas iemand wat uit voeling met die werklikheid is en die lewe vir hom en almal om hom onaangenaam maak. Ons kan nie ons liggaam op enige manier hanteer sonder gevolge nie. Ons kan nie mense behandel net soos ons wil en dan verwag om vriende en ‘n sterk familie te hê nie. Ons kan nie almal selfsugtige lewens leef en verwag dat die sosiale dimensie van die samelewing in takt moet bly nie. Dwase doen al hierdie dinge en veroorsaak daarom onmin en vernietiging.

Daar is verskillende vorme van dwaasheid. Die ergste vorm van dwaasheid is om iets anders as God die middelpunt van ons lewens te maak, dit lei altyd tot teleurstelling. Jesus beskryf die dwaas wat sy huis op sand in plaas van op rots bou (Matteus 7:24 – 26). Dwase sien nie grense ingebed in die werklikheid raak nie. Hulle gaan buite hierdie grense en wonder waarop hulle sink.

As ons om ons kyk, sien ons die bitter vrugte van dwaasheid. Ons harte ontken so dikwels die werklikheid, en dit is dwaas. Ons moet bid dat ons wyslik in die werklikheid van die lewe sal loop.

In die volgende aantal blogs gaan ons in meer besonderhede kyk na wat dwaasheid is.