Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Ons kyk vandag na die onkundiges. Dle dwaas is uit voeling met die werklikheid, maar elke soort op ‘n verskillende manier. Hulle is goedgelowig: Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word (14:15). Hulle word te maklik gelei en beïnvloed. Soos kinders word hulle maklik deur die skouspelagtige en dramatiese beïndruk. Sommige het gedurig goedkeuring nodig en word misbruik deur mense met sterk persoonlikhede wat dit vir hulle gee. Hulle volg diktators wat vir hulle vrede en oorspoed belowe. Hulle is intellektueel lui en wil nie oor dinge nadink nie. Hulle glo maklik enige skema wat belowe dat hulle vinnig ryk kan word.

Hulle kan leer en verander: As jy ‘n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is daaruit (19:25). Ons moet versigtig wees om nie goedgelowigheid en naïwiteit met ‘n gebrek aan sofistikasie geluk te stel nie. Jy kan sofistikasie soos die wêreld dit bepaal kortkom en steeds wys wees. Jy kan verfynd wees – welaf, goed opgevoed en met goeie verhoudings –  en steeds dwaas wees.

Meeste van ons het goedkeuring van ander mense te nodig. Ons is dikwels intellektueel ongeduldig – ek wil nie dinge uitdink nie. Ons moet God vra om ons ook van ons dwaasheid te genees.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]