Tagged: 1 Johannes Prof Francois

image_pdfimage_print

Die Eerste Brief van Johannes: Bly in Jesus Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe – behou die geloof (vervolg). (d) Bly in Jesus (2:27) – Francois Malan

2:27     Getroue gelowiges het ‘die salwing’ van Jesus ontvang. Die salwing dui op die inwyding in die gesin van God deur die ontvangs van die Heilige Gees wat in die gelowige kom woon het, wat hom/haar deur die woord van...

Die eerste brief van Johannes: Bly in God en sy woord Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe– behou die geloof (vervolg). (c) Bly in God en sy woord (2:23-26)

Die eerste brief van Johannes: Bly in God en sy woord Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe– behou die geloof (vervolg). (c) Bly in God en sy woord (2:23-26) – Francois Malan

2:23 ‘Elkeen wat die Seun ontken, het selfs  nie die Vader nie; wie die Seun bely, het ook die Vader.’   Waar 2:22 beklemtoon dat ‘n valse geloof uitloop op ontkenning van die Vader en die Seun, wys 2:23 daarop dat die ontkenning of belydenis van die Seun elke mens se verhouding met die Vader raak. Die twee woorde ‘ontken-loën’  en jou ‘lojaliteit bely’ is ook so deur Jesus gebruik in Mt 10:32-33:

Die Eerste Brief van Johannes: Gesalf met die Gees Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe – behou die geloof en oorwin die antichris (vervolg). (b) Gesalf met die Gees (2:20-22)

Die Eerste Brief van Johannes: Gesalf met die Gees Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe – behou die geloof en oorwin die antichris (vervolg). (b) Gesalf met die Gees (2:20-22)

2:20 ‘Maar julle het die salwing/aanstelling deur die Heilige en julle almal weet,’ Die lidmate wat weggebreek het, het Jesus se ware wese as God en mens misken. Daarteenoor is een van die kenmerke van dié lidmate wat die geloof in Jesus behou het, dat hulle hulle inwyding in die gesin van God, en hulle toewyding aan Jesus en sy voortgesette taak in die wêreld, van die Heilige ontvang het.

image_pdfimage_print