Tagged: Antieke WÊRELD

image_pdfimage_print

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4)

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4) – Kobus Kok

Eer en skaamte as die primêre waardes van die antieke tyd

Nou die dag ry ek in Sandton rond. Oral om my sien ek duur luukse motors en advertensies langs die pad wat die belangrike ekonomiese waardes van ons tyd weerspieël. Elke tweede advertensie op die televisie gaan oor beter klere wat jy kan dra, beter parfuum wat jou meer aanloklik gaan maak en ʼn beter motor wat die koppe sal laat draai en jou ouers sal trots maak.

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (3) – Mans is Baas

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (3) – Mans is Baas – Kobus Kok

“Die man is die onbetwiste hoof van die huis, deur die gode gemaak om te heers en die vrou is gemaak om hom te gehoorsaam,” so het die belangrike Romeinse filosoof Seneka, raadgewer van keiser Nero, op ʼn goeie dag luidkeels geargumenteer.

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (2)

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (2) – Kobus Kok

 

My groep gee my identiteit

Vandag is individualisme die in-ding. Hoe meer uniek ek kan wees en kan uitstaan bo die groep, hoe beter. Die oordrewe kontemporêre fokus op die waarde van die unieke individu het egter heel onlangs eers belangrik geword. In die tyd net na die Middeleeue en die Renaissance (1400 en daarna) en die Reformasie (1500) het die sogenaamde Verligting (1700 en daarna) of Aufklärung soos ʼn tsunami die wêreld getref.

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (1)

SLEUTELS WAT DIE ANTIEKE WÊRELD OOPSLUIT – Kobus Kok

Wees bewus van die kulturele – en tydskloof

Tussen die Bybelse tyd en ons tyd vandag, bestaan daar ‘n reuse sosiaal kulturele, religieuse en tyd kloof. Die wêreld van toe was gewis gans anders as vandag se tyd. Dikwels maak ons die fout om die Bybel deur die gekondisioneerde en gesosialiseerde sosiaal religieuse paradigma van ons tyd te lees. Eenvoudiger gestel, ons kyk deur ons eie bril na die wêreld van daardie tyd, so asof die antieke wêreld presies dieselfde was as ons wêreld vandag.

image_pdfimage_print