‘n Ateïstiese Kerk?

 As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same – Nelson Mandela

‘n Ateïstiese Kerk?

Nog nooit daarvan gehoor nie? Elke Sondagoggend kom ‘n klompie mense in Cambridge, Massachusetts, bymekaar om na ‘n toespraak te luister. Hierdie toespraak fokus op die belang van deernis en gemeenskap. Hierdie “gemeente” is ‘n vergadering van die Humanist Community at Harvard University.  Greg Epstein, ‘n humanistiese kapelaan, is die leier. Sy idee is om die goeie aspekte van die kerk te neem en dit op sy vergadering toe te pas.

 

 Hulle gebruik die woord gemeente, want dit is ‘n woord wat ons aan ‘n spesifieke soort gemeenskap herinner – ‘n gemeenskap wat naby aan mekaar leef en verandering in die wêreld kan laat gebeur. Dit vereis egter nie dat spesifieke dinge geglo moet word nie. Kinders het ‘n aparte byeenkoms war hulle dinge oor evolusie, DNS en selbiologie geleer word.

 Deur formele byeenkomste en die opbou van ‘n sterk gemeenskap hoop hulle om ‘n model te wees vir ander ateïstiese gemeenskappe. Epstein sê: “Being an atheist is something we want people to come out and be.”

 Wat nog?




Daar is nie ʼn god nie, sê party mense (Ateïsme)

Daar is nie ʼn god nie, sê party mense (Ateïsme)

Sommige mense dink daar is nie ʼn God nie.

Daarom verklaar hulle alles wat bestaan en gebeur maar as toevallighede wat aan die hand van natuurwette of gebeure tussen mense verklaar kan word. Jy as mens “bestaan” ook maar net vir die rukkie wat jy leef. As jy doodgaan is jy net weg en daarom moet jy maar die beste uit die lewe haal solank jy kan.

Mense wat dink God bestaan nie, probeer dan om die godsdiens weg te verklaar. Hulle beweer selfs dat God en godsdiens soos dwelms is. As jy dwelms gebruik sien jy dinge en beleef jy wêrelde wat nie regtig bestaan nie. Dit is net in jou kop, maar bestaan nie daarbuite nie. Net so bestaan gode nie daarbuite nie, maar is maar net in jou kop. Nietzsche, ʼn bekende geleerde van ʼn ruk gelede, het byvoorbeeld oral verkondig dat God dood is. ʼn Rukkie later, na sy dood, skryf iemand toe teen ʼn muur: “Nietzsche is dood. God leef”.

 

Boek: Geloof in Aksie-Bybel
Skrywers: Prof Jan van der Watt, Dr Stephan Joubert, Dr Johan Smith
Uitgewers: Christelike Uitgewers Maatskappy