Bonhoeffer (24)

“To have a right to do a thing is not at all the same as to be right in doing it.” –  G. K. Chesterton

Bonhoeffer (24)

  

 




Bonhoeffer (23)

“The Bible tells us to love our neighbors, and also to love our enemies; probably because they are generally the same people.” – G. K. Chesterton


Bonhoeffer (23)

 

Hulle honger en dors daagliks na geregtigheid en daarom verlang hulle na die verlossende Woord – weer en weer. In hulleself is hulle dood; hulp moet van buite kom. Dit het gekom en kom daagliks weer en nuut in die Woord van Jesus Christus. Hierdie Woord bring verlossing, vryspraak, onskuld en seën. Maar God het sy Woord in die monde van mense geplaas sodat hulle vir ander kan vertel. As mense diep geraak is deur die Woord vertel hulle vir ander daarvan. God het bepaal dat ons sy lewende Woord sal soek en vind – in die getuienis van ander Christene; uit die mond van ander mense. Daarom het Christene ander Christene wat hulle vertel van God se Woord nodig. Hulle het hulle veral nodig as hulle onseker of ontmoedig is.

 




Bonhoeffer (21)

“There are those who hate Christianity and call their hatred an all-embracing love for all religions.”  – G. K. Chesterton

 

Bonhoeffer (21)  

Bonhoeffer gee weer twee verse om ons te help:

  • Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig en nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry
  • Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard inloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere

Dink ons ooit aan ons geloofsgemeenskap? As daar konflik of spanning in die gemeenskap is, moet ons bid dat die eenheid wat Christus gegee het, bewaar sal word, en dat die konflik opgelos sal word. As daar eenheid in jou geloofsgemeenskap is, moet jy God dank daarvoor.

 

Here, ek het die geloofsgemeenskap nodig. Help my om daar vir ander te wees net soos ander daar vir my moet wees. Amen.

 




Bonhoeffer (20)

“There are some desires that are not desirable.” – G. K. Chesterton
.

Bonhoeffer (20)  

 

 

Die mate waartoe God die gawe van sigbare gemeenskap gee, varieer. Christene wat verspreid van mekaar lewe, word vertroos deur ‘n kort besoek van ‘n ander Christen, ‘n gesamentlike gebed en ‘n ander Christen se seën. Hulle word inderdaad versterk deur briewe van ander Christene. Paulus het die groete in sy briewe altyd met sy eie hand geskryf – ‘n teken van hierdie geloofsgemeenskap. Ander het die gawe van eredienste elke Sondag; ander het die voorreg om ‘n Christelike lewe te lei in die gemeenskap van hulle families.

 

Bonhoeffer gee weer twee verse om ons te help:

  • Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê. En dit doen julle dan ook teenoor al die broers in Masedonië (1 Tessalonisense 4:9  – 10)
  • Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde (Psalm 100:2 – 3).

 

Die geloofsgemeenskap is vir alle gelowiges ‘n seën. Dit is die plek waar jy veilig voel, waar jy jou geloof kan uitspreek, wat jou lei en indien nodig reghelp.

 

Here, stel my in staat om ‘n krag in my geloofsgemeenskap te wees. Maak my getrou in my geestelike verhoudings. Amen.