Bonhoeffer (19)

“Art, like morality, consists of drawing the line somewhere.” – G. K. Chesterton

Bonhoeffer (19)  

Jy kla dat jy nie kan glo nie. Niemand moet verbaas wees as hy nie kan glo so lank as wat hy doelbewus ongehoorsaam is nie – as hulle wegvlug van sekere aspekte van Jesus se opdrag.

Jy wil tog nie ‘n sondige passie of hoop of lewensplan onderwerp aan Jesus se opdrag nie. Moenie verbaas wees as jy nie die Heilige Gees ontvang nie – as jou gebede leeg bly nie. 

 

Versoen jouself met jou broer en suster; los die sonde wat jou gevange hou; jy sal gou uitvind dat jy weer kan glo. As jy God se opdragte verwerp, sal jy nie sy genade ontvang nie. Die ongehoorsames kan nie glo nie … net mense wat gehoorsaam is, kan glo.

 

 




Bonhoeffer (18)

When God creates faith in a man, that is verily so great a work as if He created heaven and earth anew – Martin Luther.

Bonhoeffer (18)




Bonhoeffer (17)

Affliction is often that thing which prepares an ordinary person for some sort of an extraordinary destiny. C. S. Lewis

Bonhoeffer (17)

 




Bonhoeffer (16)

If we are going to worship in Spirit, we must develop a spirit of worship.” — Michael Catt

Bonhoeffer (16)

Die wêreld van goedkoop genade het reeds meer Christene verwoes as enige gebod oor werk …

Mense moet bely dat goedkoop genade gemaak het dat hulle Jesus Christus nie meer volg nie. Toe hulle opgehou het om Christus te volg, het hulle die kennis van duur genade verloor. Ons staan nie langer meer as ware dissipels van Christus nie. As ons lidmate is van ‘n kerk met ‘n suiwer leer van genade dan sal ons nie langer goedkoop genade aanvaar nie. Ons moet leer om weer die korrekte verhouding tussen genade en dissipelskap te verstaan.

  • Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei (Romeine 6:1 – 4).
  • Here, almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding! (Psalm 80:20).

 

Ons moet bid dat die kerk en alle Christene nie toegee aan die aantrekkingskrag van goedkoop genade nie.

 

Here, ek sal U volg, maar nie saak wat die koste is nie. Lei my op die pad van ware dissipelskap. Amen.