Die woord hand in die Bybel

Die woord hand in die Bybel – Kobus Kok

Amelda vra:

Hoeveel keer kom die woord “hande” voor in die Bybel, ons het vanoggend diens gehad oor hande, en ek hou daarvan om te weet hoeveel kom sekere woorde in die Bybel voor. Waar kan ek gaan soek.

Antwoord

Prof Kobus Kok antwoord:

Die woord “hand” kom 1126 keer in die Bybel voor.

U kan in die toekoms gerus ‘n goeie Bybelse konkordansie aanskaf of die program e-sword gratis op u rekenaar laai. Doen ‘n google soektog na e-sword wat u na die korrekte installeringsbladsy sal neem:

(Gen 3:22 AOV)  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

(Gen 4:11 AOV)  Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

(Gen 8:9 AOV)  Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.

(Gen 9:2 AOV)  Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.

(Gen 14:20 AOV)  En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

(Gen 14:22 AOV)  Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

(Gen 16:6 AOV)  En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand—doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

(Gen 16:12 AOV)  En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

(Gen 19:10 AOV)  Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.

(Gen 19:16 AOV)  Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.

(Gen 21:18 AOV)  Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom ‘n groot nasie maak.

(Gen 21:30 AOV)  En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ‘n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

(Gen 22:6 AOV)  En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

(Gen 22:10 AOV)  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.

(Gen 22:12 AOV)  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

(Gen 24:2 AOV)  Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,

(Gen 24:9 AOV)  Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.

(Gen 24:18 AOV)  En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.

(Gen 25:26 AOV)  En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

(Gen 27:17 AOV)  en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.

(Gen 31:39 AOV)  Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.

(Gen 32:11 AOV)  Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.

(Gen 33:10 AOV)  Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ‘n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.

(Gen 37:21 AOV)  Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.

(Gen 37:22 AOV)  Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie—sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.

(Gen 37:27 AOV)  Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.

(Gen 38:18 AOV)  En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.

(Gen 38:20 AOV)  En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.

(Gen 38:28 AOV)  En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ‘n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.

(Gen 38:29 AOV)  Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.

(Gen 38:30 AOV)  En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.

(Gen 39:1 AOV)  En Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ‘n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.

(Gen 39:3 AOV)  En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,

(Gen 39:12 AOV)  Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

(Gen 39:13 AOV)  Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

(Gen 40:11 AOV)  En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.

(Gen 40:13 AOV)  Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef—jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

(Gen 40:21 AOV)  hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,

(Gen 41:42 AOV)  Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang

(Gen 41:44 AOV)  En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.

(Gen 43:9 AOV)  Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.

(Gen 47:29 AOV)  En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou—begrawe my tog nie in Egipte nie.

(Gen 48:17 AOV)  Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.

(Gen 49:8 AOV)  Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

(Exo 2:19 AOV)  En hulle antwoord: ‘n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.

(Exo 3:8 AOV)  Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

(Exo 3:19 AOV)  Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur ‘n sterke hand nie.

(Exo 3:20 AOV)  En Ek sal my hand uitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek.

(Exo 4:2 AOV)  Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.

(Exo 4:4 AOV)  Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword—

(Exo 4:6 AOV)  En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!

(Exo 4:7 AOV)  En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!

(Exo 4:17 AOV)  Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.

(Exo 4:20 AOV)  Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ‘n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem.

(Exo 5:21 AOV)  en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle ‘n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

(Exo 6:1 AOV)  (5:24) Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur ‘n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur ‘n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.

(Exo 6:8 AOV)  (6:7) En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ‘n besitting gee, Ek, die HERE.

(Exo 7:4 AOV)  Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.

(Exo 7:5 AOV)  Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.

(Exo 7:15 AOV)  Gaan môre vroeg na Farao toe—kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ‘n slang verander het, in jou hand,

(Exo 7:17 AOV)  So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.

(Exo 7:19 AOV)  Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout— en in klipbakke.

(Exo 8:5 AOV)  Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.

(Exo 8:6 AOV)  En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.

(Exo 8:17 AOV)  En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.

(Exo 9:3 AOV)  kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ‘n baie swaar pes.

(Exo 9:15 AOV)  Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

(Exo 9:22 AOV)  Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.

(Exo 10:12 AOV)  Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.

(Exo 10:21 AOV)  Verder het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ‘n mens die duisternis kan gryp.

(Exo 10:22 AOV)  Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

(Exo 12:11 AOV)  En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit.

(Exo 13:3 AOV)  Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.

(Exo 13:9 AOV)  En dit moet vir jou as ‘n teken wees op jou hand en ‘n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur ‘n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.

(Exo 13:14 AOV)  En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

(Exo 13:16 AOV)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

(Exo 14:8 AOV)  En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur ‘n hoë hand uitgetrek.

(Exo 14:16 AOV)  En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.

(Exo 14:21 AOV)  Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.

(Exo 14:26 AOV)  Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.

(Exo 14:27 AOV)  En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.

(Exo 14:30 AOV)  So het die HERE Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.

(Exo 15:9 AOV)  Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.

(Exo 15:20 AOV)  En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ‘n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.

(Exo 16:3 AOV)  En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.

(Exo 17:5 AOV)  En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

(Exo 17:9 AOV)  En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

(Exo 17:11 AOV)  En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.

(Exo 17:16 AOV)  En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.

(Exo 18:9 AOV)  En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

(Exo 18:10 AOV)  Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

(Exo 19:13 AOV)  Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ‘n pyl geskiet word; of dit ‘n dier of ‘n mens is—hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.

(Exo 21:13 AOV)  Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou ‘n plek aanwys waarheen hy kan vlug.

(Exo 21:20 AOV)  En as iemand sy slaaf of slavin met ‘n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.

(Exo 21:24 AOV)  oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,

(Exo 22:8 AOV)  As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.

(Exo 22:11 AOV)  dan moet die eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie.

(Exo 23:31 AOV)  En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.

(Exo 24:11 AOV)  Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.

(Exo 29:25 AOV)  Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is ‘n vuuroffer aan die HERE.

(Exo 32:4 AOV)  En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

(Exo 32:11 AOV)  Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met ‘n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?

(Exo 32:15 AOV)  En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.

(Exo 32:29 AOV)  Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE—want elkeen is teen sy seun en teen sy broer—sodat Hy vandag ‘n seën oor julle kan gee.

(Exo 33:22 AOV)  En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

(Exo 33:23 AOV)  En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

(Exo 34:4 AOV)  Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.

(Exo 34:29 AOV)  En toe Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.

(Lev 1:4 AOV)  En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.

(Lev 3:2 AOV)  En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

(Lev 3:8 AOV)  en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

(Lev 3:13 AOV)  en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

(Lev 4:4 AOV)  en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.

(Lev 4:24 AOV)  en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ‘n sondoffer.

(Lev 4:29 AOV)  en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.

(Lev 4:33 AOV)  en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

(Lev 14:17 AOV)  En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.

(Lev 14:18 AOV)  Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.

(Lev 14:28 AOV)  En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.

(Lev 14:29 AOV)  Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.

(Lev 22:25 AOV)  en uit die hand van ‘n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ‘n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

(Lev 25:28 AOV)  Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.

(Lev 26:25 AOV)  En Ek sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

(Num 5:18 AOV)  Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit—’n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.

(Num 5:25 AOV)  En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.

(Num 11:23 AOV)  Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.

(Num 14:30 AOV)  Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

(Num 20:11 AOV)  Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

(Num 20:20 AOV)  Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ‘n sterk hand.

(Num 21:2 AOV)  Daarop het Israel aan die HERE ‘n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.

(Num 21:26 AOV)  Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.

(Num 21:34 AOV)  Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

(Num 22:23 AOV)  En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.

(Num 22:29 AOV)  Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ‘n swaard in my hand—dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.

(Num 22:31 AOV)  Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.

(Num 25:7 AOV)  Toe Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ‘n spies in sy hand geneem

(Num 27:18 AOV)  Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ‘n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,

(Num 33:3 AOV)  Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur ‘n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,

(Num 35:17 AOV)  En as hy hom slaan met ‘n klip in die hand—waardeur iemand kan sterwe—en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

(Num 35:18 AOV)  Of as hy hom slaan met ‘n houtvoorwerp in die hand—waardeur iemand kan sterwe—en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

(Num 35:21 AOV)  of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ‘n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.

(Num 35:25 AOV)  En die vergadering moet hom wat ‘n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.

(Deu 1:27 AOV)  En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.

(Deu 2:7 AOV)  Want die HERE jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

(Deu 2:15 AOV)  So was die hand van die HERE dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.

(Deu 2:24 AOV)  Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.

(Deu 2:30 AOV)  Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.

(Deu 3:2 AOV)  Toe het die HERE vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

(Deu 3:3 AOV)  En die HERE onse God het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom niemand oor was wat vrygeraak het nie.

(Deu 3:8 AOV)  So het ons dan in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete duskant die Jordaan geneem, van die Arnonrivier af tot by die berg Hernon—

(Deu 3:24 AOV)  Here, HERE! U het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

(Deu 4:34 AOV)  Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?

(Deu 5:15 AOV)  En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ‘n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.

(Deu 6:8 AOV)  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

(Deu 6:21 AOV)  dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

(Deu 7:8 AOV)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

(Deu 7:19 AOV)  die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.

(Deu 7:24 AOV)  Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.

(Deu 8:17 AOV)  en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

(Deu 9:26 AOV)  En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ‘n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.

(Deu 10:3 AOV)  Toe het ek ‘n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.

(Deu 11:2 AOV)  En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die HERE julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm

(Deu 11:18 AOV)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees,

(Deu 12:6 AOV)  En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte— en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.

(Deu 12:7 AOV)  En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseën het.

(Deu 12:11 AOV)  Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.

(Deu 12:17 AOV)  Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.

(Deu 12:18 AOV)  Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.

(Deu 13:9 AOV)  maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.

(Deu 13:17 AOV)  Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—

(Deu 14:25 AOV)  dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies.

(Deu 14:29 AOV)  dan moet die Leviet kom—omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie—en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

(Deu 15:3 AOV)  Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.

(Deu 15:7 AOV)  As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.

(Deu 15:8 AOV)  Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.

(Deu 15:10 AOV)  Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.

(Deu 15:11 AOV)  Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.

(Deu 16:10 AOV)  Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.

(Deu 16:17 AOV)  elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.

(Deu 17:7 AOV)  Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

(Deu 19:5 AOV)  en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe—hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;

(Deu 19:12 AOV)  dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.

(Deu 19:21 AOV)  En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.

(Deu 20:13 AOV)  En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;

(Deu 21:10 AOV)  As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die HERE jou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,

(Deu 23:20 AOV)  Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

(Deu 23:25 AOV)  As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ‘n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

(Deu 24:1 AOV)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,

(Deu 24:3 AOV)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—

(Deu 25:11 AOV)  As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,

(Deu 25:12 AOV)  dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.

(Deu 26:4 AOV)  En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van die HERE jou God neersit.

(Deu 26:8 AOV)  en die HERE het ons uit Egipte uitgelei deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders;

(Deu 28:8 AOV)  Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

(Deu 28:12 AOV)  Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

(Deu 28:20 AOV)  Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

(Deu 30:9 AOV)  En die HERE jou God sal die goeie aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want die HERE sal weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

(Deu 32:27 AOV)  as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie.

(Deu 32:39 AOV)  Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

(Deu 32:40 AOV)  Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef—

(Deu 32:41 AOV)  as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.

(Deu 33:3 AOV)  Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges—hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.

(Jos 2:19 AOV)  Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ‘n hand teen hom is.

(Jos 2:24 AOV)  Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.

(Jos 4:24 AOV)  dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.

(Jos 5:13 AOV)  En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

(Jos 6:2 AOV)  Toe het die HERE vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.

(Jos 7:7 AOV)  En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!

(Jos 8:1 AOV)  Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.

(Jos 8:7 AOV)  Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.

(Jos 8:18 AOV)  En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.

(Jos 8:19 AOV)  En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.

(Jos 8:26 AOV)  En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.

(Jos 9:25 AOV)  Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

(Jos 9:26 AOV)  Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

(Jos 10:8 AOV)  En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.

(Jos 10:19 AOV)  Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.

(Jos 10:30 AOV)  En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.

(Jos 10:32 AOV)  En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.

(Jos 11:8 AOV)  En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

(Jos 20:9 AOV)  Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.

(Jos 21:44 AOV)  En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met ‘n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.

(Jos 22:31 AOV)  Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.

(Jos 24:8 AOV)  Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.

(Jos 24:10 AOV)  maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.

(Jos 24:11 AOV)  Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee

(Jdg 1:2 AOV)  En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

(Jdg 1:4 AOV)  en toe Juda optrek, het die HERE die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.

(Jdg 1:35 AOV)  sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in Sáälbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.

(Jdg 2:14 AOV)  het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.

(Jdg 2:15 AOV)  Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,

(Jdg 2:16 AOV)  verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

(Jdg 2:18 AOV)  En wanneer die HERE vir hulle rigters verwek, was die HERE met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die HERE medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

(Jdg 2:23 AOV)  Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

(Jdg 3:8 AOV)  Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.

(Jdg 3:10 AOV)  En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.

(Jdg 3:28 AOV)  Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

(Jdg 3:30 AOV)  So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.

(Jdg 4:2 AOV)  Daarom het die HERE hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, ‘n inwoner van Haróset van die heidene.

(Jdg 4:7 AOV)  dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee.

(Jdg 4:9 AOV)  Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal Sísera in die hand van ‘n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.

(Jdg 4:14 AOV)  Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE Sísera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan.

(Jdg 4:21 AOV)  Toe neem Jael, die vrou van Heber, ‘n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.

(Jdg 4:24 AOV)  En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.

(Jdg 5:26 AOV)  Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.

(Jdg 6:1 AOV)  Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.

(Jdg 6:9 AOV)  en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.

(Jdg 6:13 AOV)  Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

(Jdg 6:14 AOV)  Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

(Jdg 6:21 AOV)  Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.

(Jdg 6:36 AOV)  Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het—

(Jdg 6:37 AOV)  ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

(Jdg 7:2 AOV)  Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.

(Jdg 7:6 AOV)  En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.

(Jdg 7:7 AOV)  Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.

(Jdg 7:8 AOV)  Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.

(Jdg 7:9 AOV)  En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.

(Jdg 7:14 AOV)  En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.

(Jdg 7:15 AOV)  Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.

(Jdg 7:16 AOV)  En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee

(Jdg 7:19 AOV)  Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

(Jdg 8:3 AOV)  God het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.

(Jdg 8:6 AOV)  Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?

(Jdg 8:7 AOV)  Toe sê Gídeon: Daarom, as die HERE Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.

(Jdg 8:15 AOV)  En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

(Jdg 8:22 AOV)  Daarop sê die manne van Israel vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.

(Jdg 8:34 AOV)  En die kinders van Israel het nie gedink aan die HERE hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.

(Jdg 9:17 AOV)  julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

(Jdg 9:29 AOV)  Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!

(Jdg 10:7 AOV)  Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.

(Jdg 10:12 AOV)  en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het—julle uit hulle hand verlos nie?

(Jdg 11:21 AOV)  Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.

(Jdg 11:30 AOV)  En Jefta het aan die HERE ‘n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,

(Jdg 11:32 AOV)  Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die HERE het hulle in sy hand gegee.

(Jdg 12:2 AOV)  Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het ‘n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.

(Jdg 12:3 AOV)  En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?

(Jdg 13:1 AOV)  En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.

(Jdg 13:5 AOV)  Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.

(Jdg 13:23 AOV)  Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand ‘n brandoffer en ‘n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.

(Jdg 14:6 AOV)  Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos ‘n mens ‘n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.

(Jdg 15:12 AOV)  Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.

(Jdg 15:13 AOV)  En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.

(Jdg 15:15 AOV)  En hy het ‘n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem en daar duisend man mee verslaan.

(Jdg 15:17 AOV)  En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte.

(Jdg 15:18 AOV)  Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?

(Jdg 16:23 AOV)  En die vorste van die Filistyne het vergader om ‘n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.

(Jdg 16:24 AOV)  En toe die volk hom sien, prys hulle hul god; want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.

(Jdg 16:26 AOV)  Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus, dat ek daarteen kan leun.

(Jdg 17:3 AOV)  En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om ‘n gesnede en ‘n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

(Jdg 18:10 AOV)  As julle daar kom, sal julle by ‘n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand, ‘n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.

(Jdg 18:19 AOV)  En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons ‘n vader en ‘n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir ‘n stam en ‘n geslag in Israel?

(Jdg 20:28 AOV)  en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien—en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.

(Rth 1:13 AOV)  sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om nie aan ‘n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.

(Rth 4:5 AOV)  Daarop sê Boas: Die dag as jy die grond uit die hand van Naómi koop, dan verwerf jy tegelyk Rut, die Moabitiese, die vrou van die dode, om die naam van die dode in stand te hou oor sy erfdeel.

(Rth 4:9 AOV)  Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Eliméleg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop.

(1Sa 2:13 AOV)  Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was só: As iemand ‘n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietand-vurk in sy hand,

(1Sa 4:3 AOV)  Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande.

(1Sa 4:8 AOV)  Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn.

(1Sa 5:6 AOV)  Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.

(1Sa 5:7 AOV)  Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.

(1Sa 5:9 AOV)  En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met ‘n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.

(1Sa 5:11 AOV)  Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het’n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar.

(1Sa 6:3 AOV)  En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle ‘n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.

(1Sa 6:5 AOV)  Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land.

(1Sa 6:9 AOV)  En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom.

(1Sa 7:3 AOV)  Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.

(1Sa 7:8 AOV)  En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.

(1Sa 7:13 AOV)  En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.

(1Sa 7:14 AOV)  Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

(1Sa 9:16 AOV)  Môre sulke tyd sal Ek ‘n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as ‘n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.

(1Sa 10:4 AOV)  En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.

(1Sa 10:7 AOV)  En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.

(1Sa 10:18 AOV)  en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.

(1Sa 12:3 AOV)  Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak—dan sal ek dit aan julle teruggee.

(1Sa 12:4 AOV)  En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.

(1Sa 12:5 AOV)  Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.

(1Sa 12:9 AOV)  Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab—wat teen hulle geveg het.

(1Sa 12:10 AOV)  Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.

(1Sa 12:11 AOV)  En die HERE het Jerúbbaäl en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.

(1Sa 12:15 AOV)  Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders.

(1Sa 13:22 AOV)  So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en Jónatan was nie; maar by Saul en sy seun Jónatan was dit wel te vinde.

(1Sa 14:10 AOV)  Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die HERE hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.

(1Sa 14:12 AOV)  En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle ‘n les leer! Daarop sê Jónatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel gegee.

(1Sa 14:19 AOV)  En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug!

(1Sa 14:26 AOV)  Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.

(1Sa 14:27 AOV)  Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ‘n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.

(1Sa 14:34 AOV)  Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die HERE deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.

(1Sa 14:37 AOV)  Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom dié dag nie geantwoord nie.

(1Sa 14:43 AOV)  Daarop vra Saul vir Jónatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jónatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net ‘n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.

(1Sa 14:48 AOV)  En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

(1Sa 16:16 AOV)  laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ‘n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.

(1Sa 16:23 AOV)  En net wanneer daar ‘n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.

(1Sa 17:37 AOV)  Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!

(1Sa 17:40 AOV)  Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.

(1Sa 17:46 AOV)  Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.

(1Sa 17:47 AOV)  Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.

(1Sa 17:49 AOV)  en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

(1Sa 17:50 AOV)  So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

(1Sa 17:57 AOV)  En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring, met die hoof van die Filistyn in sy hand.

(1Sa 18:10 AOV)  Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ‘n spies in sy hand hou.

(1Sa 18:17 AOV)  Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my ‘n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.

(1Sa 18:21 AOV)  Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom’n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word!

(1Sa 18:25 AOV)  Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne.

(1Sa 19:9 AOV)  Maar ‘n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.

 

Skrywer: Prof Kobus Kok




Gaan ons hemel toe?

Gaan ons hemel toe? – Francois Malan

Vraag:

Marilize vra:

Waar in die Bybel staan dit dat die kinders van die HERE hemel toe gaan? Ek lees in die woord dat ons na ons dood by die Here gaan wees, in die paradys (volgens Jesus self), die nuwe Jerusalem ens. Volgens die Bybel is die hemel die troon en woonplek van God. Is dit dus slegs ‘n aanname of afleiding dat ons hemel toe gaan?

Antwoord:

Prof Francois Malan antwoord:

  1.   Wat is die hemel?

Die begrip ‘hemel’ word in die Bybel met verskillende betekenisse gebruik (hemelruim, wolke-hemel, sterre-hemel, ens.). Dikwels word van die God van die hemel gepraat (bv. Ps 33:13,14; Dan 2:18; Jona 1:9; Jes 63:15; Deutr. 4:36; Mark 1:11; Mat 5:48), met die gedagte dat die hemel God se woning is. Daarmee word allereers klem gelê op God se majesteit en heerlikheid, sy radikale andersheid en verhewenheid, sy heiligheid en ontoeganklikheid. Daarmee word gesê dat God nie van hierdie wêreld is nie, maar van ‘n ander wêreld. Die woord ‘hemel’ word dan ‘n beeld wat mense maklik kan verstaan.

Maar God is ewig en alomteenwoordig, en ons kan Hom nie op ‘n plek vaspen nie. Daarom bid Salomo by die inwyding van die tempel: Kyk, die hemel, die hoogste hemel, kan U nie bevat nie (1 Kon.8:27). Paulus sê vir die Grieke: Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy is die Here van die hemel en die aarde, en Hy woon nie in tempels wat mense gemaak het nie (Hand. 17:24).

Die hemel is die aanduiding van God se teenwoordigheid en optrede: Vgl. bv. Jakob in die oop veld buite die stad Bet-el in Gen 28:16,17: hierdie plek is die huis van God, die poort van die hemel; in die braambos (Eks.3:2); op die berg Sinai (Eks.24:16); in die midde van sy volk (Eks.25:8); in Jerusalem (1 Kron.23:25), op Sion (Ps.9:12); in Christus (Joh.14:10-11); deur die Heilige Gees woon Hy ook in ons (Rom 8:9-11). Waar God is, is die hemel.

Maar God word nie in sy skepping vasgevang nie. Hy is radikaal anders as sy werke, Hy bly die Skepper bo sy skepping. Die word uitgedruk met die uitspraak dat God in die hemel is.

  1.   Kinders van die Here gaan hemel toe

1 Petr.1:4 sê, daar is ‘n erfenis wat vir ons in die hemel bewaar word (vgl. Kol. 1:5). Openb. 21:1 praat van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde, en v3 dat die woonplek van God nou by die mense sal wees. Flp 3:20 sê ons is burgers van die hemel. Ef 2:6 dat Christus vir ons ‘n plek saam met Hom in die hemel gee. 2 Kor 5:1,2 dat ons ‘n vaste gebou in die hemel het, en dat ons verlang dat ons deur ons hemelse woning oordek word. Lk10:20 dat ons name in die hemel opgeskryf word. Mat 6:20 dat ons vir ons skatte in die hemel moet bymekaarmaak (vgl. Mat.19:21).

Met die ‘hemel’ word daarna verwys dat ons ‘by God/Christus sal wees’ (Flp.1:23), vir ewig, en sal deel in sy heerlikheid. Openb. 21 se beskrywing van die hemel is simbolies. Die nuwe Jerusalem is ‘n simbool van God se teenwoordigheid, die stad waar Jesus gewerk en gesterf het; so ook die tuin van Eden waar God openlik en sigbaar met die eerste mense verkeer het. Dit is nie ‘n plek waar ons volgens ons eie wil teen God se wil kan gaan lewe nie, maar waar ons ten volle sal wil om sy wil uit te lewe. Paulus sê, dan sal God alles wees vir alles (1 Kor 15:28).

 

Skrywer: Prof Francois Malan




Tipologie

Tipologie – Francois Malan

Eugenie vra:

Ek sal graag inligting/verwysings wil bestudeer van hoe die Ou Testament tipologies van die Nuwe Testament is, bv. Daniel – Openbaring, Die ark – Christus, ens.

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

In Bybelse sin verstaan ons tipe as ‘n Ou-Testamentiese figuur, wat in sy persoon of werk ‘n sekere skadubeeld, of afspieëling, vertoon van Christus se persoon of werk.

So is priesters, profete en konings van Israel volgens hulle ampte beskou as tipe van die komende Messias (die Hebreeuse woord vir ‘gesalfde’, in Grieks ‘Christus’). Priesters is gesalf (Eks.30:30) en konings is gesalf (1 Sam.9:16). Moses is ‘n profeet genoem in die profesie dat die Here ‘n profeet soos Moses na vore sal laat kom (Deutr.18:18). Petrus verwys daarna toe hy die volk toespreek en verklaar dat Jesus die beloofde profeet is (Hand.3:22). Jesus is die profeet, priester en koning van God se volk by uitnemendheid, die gesalfde van die Here (Hand.4:26 wat Ps.2:1-2 aanhaal). Jesus vergelyk bv. sy drie dae dood met die profeet Jona se drie dae in die maag van ‘n groot vis (Mat.12:40). Hebr.10:21 noem Hom die groot priester (vgl. ook 5:6,7; 7:17,21). Jesus is die koning (Mat.2:2; Joh.1:50); die koning van die konings (Openb.17:14). So word Jesus gesien as die tweede Adam (1 Kor.15:45; Rom.5:14 letterlik: Adam wat ‘n tipe was van die Een wat sou kom, NAV daar is ‘n ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom), as die seun van Dawid (Mat.22:43-45; Joh.7:42; Rom.1:3), as die Kneg van die Here van Jes.52-53 (Mt.8:8; Lk 7:7; Flp.2:7).

Daar is ‘n verskil tussen ‘n tipe en ‘n simbool. ‘n Simbool het veral betrekking op sake, ‘n tipe uitsluitlik op persone. Die simbool het geen betekenis in sigself en in sy verskyningsvorms nie, maar in wat daardeur afgeskadu of afgebeeld word. ‘n Tipe het egter betekenis in sigself, in sy eie bestaan, afgesien van wat hy afbeeld en tipeer.

‘n Simbool kan ‘n voorwerp, woord, teken, ens. wees, as voorstelling van ‘n bepaalde begrip. Dit is ‘n sinnebeeld – ‘n sinlik waarneembare aanduiding van ‘n geestelike begrip, ‘n voorwerp waaraan betekenis gegee word. Die kruis is bv. simbool van Christus se lyding en dood, van die gelowige se sterwe aan homself, van die Christendom. Die bloed van die lam wat aan die deurkosyne van die Israeliete gesmeer is sodat die doodsengel die huis sou ‘oorslaan’ (‘passover’, Eks.12:13) word bv. deur Paulus in 1 Kor 5:7 op Christus toegepas as ons paaslam, vgl. Jn 1:29; 1 Petr.1:19; Openb.5:6,12; 7:14; 12:11; 13:8, ens.

Die vraag oor die ark en Christus is meer ‘n simbool. Die Hebreeuse woord vir ark (teba) beteken kis of doodkis. Daarop sinspeel 1 Petr.3:18-21, dat Jesus in die dood ingegaan het en opgestaan het uit die dood (doodskis), en dat ons gered word soos Noag en sy gesin in die ark (doodskis) te midde van die water, en ons doop in Christus beteken ook dat ons saam met Hom sterwe en dat ons gered word deurdat ons saam met hom opstaan tot ‘n nuwe lewe, waarvan die doopwater ‘n simbool is (vgl. Rom.6:3-11). In 1 Kor.10:1-6 word die wolk, manna, water uit die rots as voorbeelde en waarskuwings gebruik (die Griekse woord vir ‘voorbeelde’ is ook tupoi.)

Ook die vraag oor Daniël en Openbaring val meer op die terrein van ‘n simbool. Altwee het ‘n apokaliptiese (openbarings) perspektief, wat God se groot uitkoms verwag, as ‘n ingrype van God in die geskiedenis. Dit is deel van ‘n wye apokaliptiese (openbarings) literatuur wat veral in tye van verdrukking van gelowiges geskryf is in Ou- en Nuwe -Testamentiese tye.

Daniël maak gebruik van diere-simbole, bv. die vier diere, ‘n leeu, ‘n beer, ‘n luiperd en ‘n vreeslike vierde dier sonder naam (hfs.7), ‘n ram en ‘n bok in hfs.8. Daar is ook plant-simbole, bv. boom van die lewe in hfs.4, verskillende metale in hfs.2, sterre 12:3, engele hfs.10, en getalle, wat ‘n belangrike rol speel. Die wêreldgeskiedenis word in eras of eeue verdeel, gebaseer op die getal sewe. Nommer 10 is ook belangrik. Albei 7 en 10 word gebruik om volmaaktheid/voltooidheid of beperktheid uit te druk. Die metafore in Daniël het verskillende waardes. Party is simbolies van aard, terwyl ander na spesifieke persone en gebeure verwys. Die boek Daniël gebruik allegoriese (sinnebeeldige) metodes om die geheimenisse te interpreteer. Die verskillende diere en metale word verklaar as spesifieke konings (8:20). Mat.28:18 (vgl. Lk.1:33; Openb.11:15) verbind die mag van die opgestane Jesus met die magte van die menslike wese van Dan.7:14, en Dan.2:44-45 se klip word ‘n simbool van die koninkryk van God wat Jesus op aarde kom vestig het, waarvan Jesus die koning is en Hy dwarsdeur die NT as koning gesien word.

Ook Openbaring maak gebruik van diere-simbole: die lam (hfs.5,14), draak (hfs.12), diere uit die aarde as lam en draak, en uit die see as bok, luiperd, beer, leeu (hfs 13), perde (hfs.6,19), metale: geel koper (hfs.1) ystersepter (hfs.2), goue krone (hfs 4), edelstene (hfs.21), plante: bome (hfs.22); sterre (1:16,20; 2:1; 3:1;; 8:10,11,12; 9:1; 12:1) môrester (2:28; 22:16), engele dwarsdeur die boek (hfs 1,2,3,5,7,8,9,10,11,12,14,16,17,18,19,21,22), en getalle: 2 getuies, 3 trompette, weë, 4 wesens, engele, hoeke van die aarde, winde, 6 se onvolmaaktheid (7-1=6), 7 vir volledigheid of volkomenheid: gemeentes, lampe, sterre, Geeste, seëls, trompette, bakke, plae, horings, engele, donderslae, koppe van die dier, krone, oë, berge, konings; 8 een meer as die volmaakte vir Jesus, 10 afgerondheid: vingers, dae van verdrukking, draak se horings, konings, 10x10x10=1000, 12 vir die volk van God of die kerk: 12 sterre van die vrou, 12 poorte van die nuwe Jerusalem, 12 apostels, elke stam van Israel 12000, 12x12x1000= 144,000 gelowiges, 12×3 getal vir God x 4 getal vir die skepping druk die volheid van God se plan simbolies uit; 3½ twee getuies soveel dae dood, vrou 3½ jaar versorg in die woestyn, 666 as getallewaarde vir die Griekse en Hebreeus letters van die alfabet vir keiser Nero.

In hulle gebruik van simbole is die boek Daniël ‘n voorloper van Openbaring, maar dit is nie werklik tipologies nie.

Die Ou-Testamentiese geskrifte is egter deur Jesus Christus en die apostels en die vroeë kerk beskou as ‘n versameling van voorspellings wat na Hom verwys as die verlosser van Israel en van die wêreld, al noem die Ou Testament Jesus nêrens nie, en al het die Ou-Testamentiese skrywers nie so ‘n man soos die Jesus wat die Evangelies en die Briewe voorsien nie. Die Ou Testament kan egter slegs gelees word as ‘n boek met immer groeiende verwagting. Die belofte van ‘n land aan die vaders voor Moses, die gedeeltelike inname van die land deur Josua, die bevestiging van die koningskap en priesterskap wat nooit voltooi word nie, maar steeds uitsien na ‘n nuwe verbond deur die profete, hoe die verlossingsdade van die Here, veral die verlossing uit Egipte, die profete laat uitsien na ‘n nuwe Dawid, ‘n nuwe Eksodus, ‘n nuwe verbond, ‘n nuwe stad van God, waardeur die oue ‘n tipe van die nuwe word wat vooruit wys (Jer.31:31; 32:40 voor die ballingskap, en Eseg.16:60; 34:25; 37:26 in die ballingskap). Dit word dan opgeneem in die Nuwe Testament deur Jesus (Luk.22:20; Paulus 1 Kor 11:25; 2 Kor.3:6; Hebreërs 8:6-13;9:15; 12:24). Die Ou-Testamentiese wet en erediens met sy offers en priesters word deur Hebreërs beskou as slegs ‘n afbeelding en skadubeeld van die hemelse heiligdom (8:5; 9:23; 10:1), ‘n voorafskaduwing van wat kom, soos die skaduwee van iemand wat om die hoek kom – as hyself om die hoek kom, kyk jy nie meer nie die skaduwee nie, maar na homself.

Die Ou-Testamentiese profete se belangstelling was verdiep in God se nuwe verlossings aksie, waarvan hulle slegs die tekens gesien het, en waarvan die ou Dawid, Eksodus, verbond, stad van God ‘n tipe geword het van die nuwe wat nog kom. In verband met die saligheid wat die opstanding van Christus gebring het sê 1 Petrus 1:10-12 dat die profete die genade wat ons nou ontvang het deeglik en noukeurig ondersoek het, dat dit die Gees van Christus was wat in hulle was, wat vooruit verkondig het dat Christus moet ly en daarna verheerlik word. Aan hulle is geopenbaar dat wat hulle profeteer, nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir ons wat in Jesus glo. Jesus bring ‘n nuwe manier van verklaring van die Ou Testament, waarin alles van die Ou Testament na Christus wys (Luk.24:27; Joh.1:45; 5:46). Elke bladsy van die Nuwe Testament weerklink met die wete dat ons in ‘n nuwe bedeling van God se aktiwiteit lewe. Soms word dit genoem die tyd van vervulling (Gal. 4:4; Luk.4:21; Mat. 11:4-6). Die Ou Testament word nou gelees as God se openbaring wat die voorloper is van Christus se koms, vol aanwysings na die Here wat aan die kom is. En die boeke van die Nuwe Testament haal telkens gedeeltes uit die Ou Testament aan ter stawing en verduideliking van wat hulle sê, kyk maar na al die teksverwysings in die Nuwe Testament wat in voetnote aangegee word, byvoorbeeld in die eerste 4 hoofstukke van Matteus, Paulus se behandeling van die sluier van Moses in 2 Kor.3:7-18; Romeine 9-11 oor God se genadige uitverkiesing van Israel. Eintlik is die hele boek Hebreërs ‘n besinning oor die Ou Testament vanuit die Christusgebeure met toepassing op sy lesers. En Openbaring wemel van die Ou-Testamentiese aanhalings, omdat die skrywer beelde uit die Ou Testament gebruik vir sy troosboodskap aan sy lesers wat vervolg word. Tipologie is maar ‘n onderdeel van hierdie groter gebruik van die Ou Testament in die Nuwe Testament.

 

Skrywer: Prof Francois Malan




Geloofsvrae: Die duidelikheid van die Bybel

Geloofsvrae: Die duidelikheid van die Bybel – Adriö Konig

Die duidelikheid van die Bybel

As ‘n mens eers eenmaal besef het dat die Bybel ‘n sentrale boodskap het, kan jy omtrent al die kenmerke van die Bybel in terme daarvan probeer verstaan.

Die duidelikheid van die Bybel is ‘n ou probleem. Dit het altyd maklik gelyk om dit te bevraagteken met die argument dat al die Bybelkommentare en hoeveel ander boeke wat die Bybel verduidelik, nie nodig sou gewees het as die Bybel regtig so duidelik was nie. Die Katolieke Kerk het dan ook vir eeue die teendeel geleer: dat die Bybel moeilik is om te verstaan en gewone lidmate dit maklik verkeerd kan verstaan en verdraai. Daarom het hulle nie die Bybel vertaal en aan die gelowiges beskikbaar gestel nie. Die priester moes die evangelie aan hulle verduidelik.

Dit was ‘n radikale deurbraak toe die Kerkhervormers geleer het dat die Bybel aan almal beskikbaar gestel moet word, en Luther selfs sover gegaan het om ‘n vertaling in Duits te maak. ‘n Mens kan dié Luthervertaling vandag nog koop. Die kerk het nie voorheen vertalings van die Bybel gemaak of toegelaat nie. Die Bybel was net in Latyn beskikbaar (die sg. Vulgaat) wat omtrent net die priesters kon verstaan.

Die Katolieke Kerk het sy posisie verder verdedig met ‘n verwysing na die talle dwalings wat deur die eeue heen ontstaan het. As selfs priesters die Bybel verkeerd kan verstaan, hoeveel te meer die `leke’ wat nie die geleerdheid en agtergrond het nie. Die Kerk kon ook nog wys op dele in die Bybel wat bo alle twyfel besonder moeilik was soos Daniël en Openbaring.

Dit alles was egter ‘n misverstand van die Hervormers se posisie. Dat daar moeilike dele in die Bybel is, en dat daar aaklige dwalings deur die eeue heen ontstaan het, het hulle goed genoeg geweet. Trouens hulle was oortuig dat hulle juis op daardie tydstip voor die allerergste dwalings van die amptelike leergesag van die kerk te staan gekom het. Dit was dus nie net ongeleerde en oningeligte leke wat kon dwaal nie!

Wat het hulle dan bedoel met die duidelikheid van die Bybel? Dat dit waaroor dit in die Bybel gaan, so duidelik is dat selfs die eenvoudiges dit goed kan verstaan. Hulle was goed bewus van hierdie gerigtheid van die Bybel, van die sentrale plek wat die verlossing deur Jesus inneem, en na hul oortuiging het dit so duidelik in die Bybel gestaan dat `selfs die blindes dit kon sien.’ Daar word dikwels gepraat van die `religieuse’ duidelikheid van die Bybel. Die besonderhede, histories, aardrykskundig, taalkundig, is dikwels moeilik, maar die boodskap dat Jesus die Redder van die wêreld is en dat ons die ewige lewe beërwe as ons in Hom glo, is duidelik. Sover die posisie van die Hervormers.

Dit is natuurlik nie so seker dat hulle posisie onaanvegbaar is nie. Een van die sentrale sake waaroor dit juis in die Hervorming gegaan het, was die regverdiging net deur die geloof in Jesus Christus. Van die bekende slagspreuke was: net Christus (solus Christus), net deur genade (sola gratia), net deur geloof (sola fide). Dit is die duidelike kern van die Bybel, die hart van die evangelie. En juis hieroor het hulle teen die Katolieke Kerk gestaan. Dis oor hierdie duidelike kern dat die geskil gegaan het, so skerp dat die Katolieke Kerk uiteindelik die ban oor hulle uitgespreek het.

En hierdie verskille het nie daarna verdwyn nie. Vir eeue skei dit ons en die Katolieke Christene. Eers gedurende die tweede helfte van die twintigste eeu het daar Katolieke stemme begin opgaan wat beweer het dat daar heelwat misverstande op die spel was en dat die Katolieke en Protestante se standpunte in werklikheid baie naby aan mekaar is.

Maar hierdie feite maak van die Bybel se duidelikheid ‘n groot probleem. As die Hervormers reg is, sou ‘n mens tog verwag dat alle Christene so ongeveer oor die hart van die evangelie saamstem – al verskil hulle dan oor kleiner sake soos die manier waarop Daniël of Openbaring uitgelê moet word. Dit beteken dat die verdeeldheid van die kerk ‘n ernstige uitdaging is aan ons leer oor die duidelikheid van die Bybel.

 

Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Fokus op 300 Geloofsvrae deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn verduideliking van 300 geloofsvrae bied.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en Lux Verbi.BM vir hierdie vergunning.

 

Skrywer: Prof Adriö Konig