Tagged: Dawid

image_pdfimage_print

Slaap by die koning se vrou

Slaap by die koning se vrou – Marius Nel

Jan vra:

Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, kon hulle hom nie warm kry nie. Toe soek hulle ‘n jongmeisie om hom te verpleeg en wat daarop volg. Terwyl Dawid nog leef besluit sy seun Adonia hy sal koning wees maar sy poging word verydel omdat Salomo bestem was om Dawid op te volg. Adonia kom by Batseba en vra dat sy vir Salomo moet vra of hy nie die jongmeisie wat Dawid verpleeg het as vrou kan kry nie. Salomo se reaksie is dat Adonia net sowel kon gevra het om koning te wees. Dit kos Adonia sy lewe. Hoekom sou Salomo so onsteld oor Adonia se versoek gewees het, asb?

Hoekom is Dawid oorgeslaan?

Hoekom is Dawid oorgeslaan? – Marius Nel

Leser vra:

 

Ek het verskillende opinies ontvang, en sal graag julle opinie ook wil hoor – hoekom het Dawid se pa hom nie saam met sy broers voor Samuel laat verskyn nie – toe hy gekom het om hulle te salf. Ja hy was die jongste en moes skape oppas, maar dit klink amper of sy pa van hom vergeet het. Is dit moontlik, het sy pa van hom vergeet(nie eintlik aan hom gedink)of was hy te jonk om aan te dink?

Dawid: Gesalfde, Sanger, Profeet, Krygsman (2)

Joy is the serious business of heaven.” C.S. Lewis

Dawid: Gesalfde, Sanger, Profeet, Krygsman (2)

In die vorige blog het ons na Dawid die gesalfde gekyk. Nou gaan ons na Dawid as sanger en as krygsman kyk.

  • Dawid die Sanger

Dawid kom na die koninklike hof van Saul as sanger en musikant. Toe Saul en Jonatan op die slagveld sterf, skryf Dawid ‘n aangrypende klaaglied (2 Samuel 1:19 – 27). Na Dawid se oorwinning oor die Filistyne skryf hy ‘n pragtige loflied (2 Samuel 22).

Dawid: Gesalfde, Sanger, Profeet, Krygsman (1)

We cannot infer from prosperity that God is pleased with us, nor can we infer from adversity that he is displeased with us. –Wilson Benton

Dawid: Gesalfde, Sanger, Profeet, Krygsman (1)

Ons ontmoet vir Dawid in 1 Samuel 16. Daar is veral drie verhale van belang:

  • Saul word verwerp en God stuur die bejaarde Samuel om ‘n nuwe koning te salf. Dit sou een van Isai se seuns wees. Isai laat al sy seuns by Samuel verbygaan, maar die Here kies nie een van hulle nie. Later is net die jongste een oor, maar hy is besig om die skape op te pas – nou nie juis die eerbaarste werk wat daar is nie.
image_pdfimage_print