Depressie – Francois Malan

Annelize vra:

Kan daar n band oor my lewe wees wat oor gerda was deur
my ma of pa.
My ma het selfmoord ge pleeg want sy het depressief
geraak. My ma en pa het buiteegtelikke verhoudings gehaat. My pa was n alkolis.
My man is nes my pa hy breek my af soos my pa my ma af gebreek het. Hy drink
net so baie soos my pa ge drink het. Beide ma ma en pa is oorlede. Dit voel of
iets my die heel tyd in die negatiewe in trek. Ek begin so depresief raak dat
dit voel hoekom leef ek nog wat is die nut daarin. My man hou aan vertel waste
lekker tye hy saam met ander vroue het. Kan dit n curse op n mens se lewe wees?
Is daar so iets

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Annelize,
ek ken nie jou omstandighede nie, maar wil net enkele riglyne uit die Bybel vir
jou gee.

Eerstens
die vloek oor ’n mens se lewe.

Jesus
Christus is aan ’n kruis opgehang. Deuteronomium 21:23 sê: wie opgehang word,
is deur God vervloek. Maar Jesus wat die Seun van God was, het die vloek van
God oor al ons sonde daar aan die kruis op Hom geneem en ons vrygekoop van
vervloeking (vgl. Galasiërs 3:13). Omdat Jesus as Seun van God, self God, al
God se straf op Homself geneem het, het God ons vrygespreek en ons verhouding
met Hom reggemaak, sodat ons sy kinders kan wees, vir wie Hy baie lief is.

Romeine
8:31-37 sê: As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs nie sy eie
Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgelewer het – sal Hy
nie ook saam met Jesus alles aan ons skenk nie? Wie sal die uitverkorenes van God
aankla? God is die Een wat vryspreek! Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus
het gesterf  – meer nog: Dit is Hy wat
opgewek is, wat ook aan die regterhand van God sit en wat ook vir ons intree.
Wat sal ons van die liefde van Christus skei? Swaarkry of benoudheid of
vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? …In alles is ons selfs meer
as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het….geen dood of lewe of
engele of magte of teenswoordige of toekomstige gebeure, of kragte of hoogte of
diepte kan ons skei van God se liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is
nie.

Daar
kan geen vloek op jou rus as jy jou lewe aan die Here Jesus oorgee en op Hom
vertrou nie.

Jesus
nooi jou ook: Kom na My toe almal wat vermoeid
en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk van liefde op julle en
leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind
vir julle gemoed (ook vir jou depressie). Want my juk is draaglik en my las is
lig (Mattheus 11:28-30).

Dat
jou man openlik praat van sy lekker tye met ander vroue, beteken dat hy egbreuk
teenoor jou pleeg, dat hy daardeur telkens sy huwelik met jou voor God
verbreek. Jesus het gesê ons moet nie skei nie, maar egbreuk is die enigste
rede vir egskeiding omdat dit reeds die huwelik verbreek het (vgl. Matteus
19:9).

Wat is die doel van ons lewe op aarde? God wil ons in sy liefde opneem as sy kinders. Hy wil self in ons kom woon om ons te lei en te versterk sodat ons vir God en ons medemens kan leef (Joh 13:34; 14:15-17,23). Eers wanneer ons leer om weg te kyk van onsself en ander mense begin help en liefhê, begin die lewe sin en betekenis kry. Jesus het gesê: ons moet die Here ons God liefhê met hart en siel en verstand, en ons medemens wat die Here op ons pad bring, moet ons liefhê soos ons self (Mattheus 22:37-39).

Skrywer: Prof Francois Malan




Mites wat Christene oor depressie glo

I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else –  C. S. Lewis

 

Mites wat Christene oor depressie glo

Daar is ‘n aantal mites oor depressie wat Christene ontslae van moet raak:

  • Ware gelowiges ly nie aan depressie nie.

Daar is baie mense met depressie.  Dit lei tot pyn. Dit voel asof jy in dryfsand vasgevang is – jy voel asof jy al dieper wegsink. Hierdie siening dat gelowiges nie depressie kry nie, vererger die situasie dramaties – dink aan die skuldgevoel en skaamte by iemand met depressie as hy so iets hoor.

 

 

  • Depressie is ‘n geloofsaak

Nêrens word dit beloof dat Christene ‘n lewe sonder pyn, sieke en stryd sal leef nie. Wat wel belowe word is dat ons ‘n Verlosser, Vertrooster en Vriend het. Die siening dat depressie ‘n geloofsaak is, is vals – dit het niks met ‘n gebrek aan geloof te doen nie. Baie depressielyers sê juis dat hulle depressie hulle geloof verdiep het, want geloof was al wat hulle gehad het. In hulle donkste oomblikke sien hulle vir Jesus reg langs hulle.

 

  • Depressie kan weggebid word

Ons glo in die krag van gebed; ons glo dat God alle dinge kan genees. Natuurlik genees hy ook depressie, maar dit beteken nie dat ons nie behandeling nodig het nie – ondersteuning, terapie en medikasie. God het aan ons wysheid en baie navorsing gegee om die vele fasette van depressie te verstaan. Bid beslis, maar wees bereid vir behandeling.

 

  • Depressie is nie fisies nie

Net soos kanker en diabetes is depressie ‘n stryd van die liggaam. Dit het ‘n impak op ons emosies, ons denke en selfs ons gees. Daar is baie oorsake vir depressie, maar dit affekteer feitlik altyd die liggaam.

 

  • Ons moenie oor depressie praat nie

Depressie is nie ‘n skande waaroor ons moet swyg nie. Ons moet daaroor praat; leraars moet daaroor bid. In die Skrif lees ons van mense wat gesukkel het met depressie. Wat doen hulle? Hulle roep uit – altyd die eerste stap na genesing. Depressie is ‘n siekte wat in isolasie floreer. Deur daaroor te praat, maak ons geleidelik die greep van depressie los

Gelowiges se gesindheid oor mense met depressie moet verander. Ons moet ‘n omgewing skep wat hierdie mense veilig kan voel. Moenie hierdie mense wegstoot nie. Onthou dat ons swakheid ons altyd sal rig op Hom wat ons krag gee.




Hoe reik ek uit na iemand met depressie

 

The blood of Christ cannot be rendered barren and prevented from producing food – Calvyn

 

Hoe reik ek uit na iemand met depressie

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles (1 Korintiërs 13:4 – 7).

Ons hou van hierdie woorde – dit is dalk tydens ons huwelik voorgedra. Maar wat beteken dit as ek iemand met emosionele gesondheidsprobleme in my gesin moet ondersteun? Hoe lyk 1 Korintiërs 13 in hierdie werklike – dikwels donker – lewe.

 

 

  • Erken dit. Die liefde is lankmoedig. Wat die persoon ondervind, is nie “net in sy kop” nie – dit is ‘n werklikheid. Die liefdevolste ding wat jy vir iemand met depressie kan doen, is om te wys dat jy hulle glo. Laat hulle besef dit is veilig om hulle dikwels donker gedagtes met jou te deel – jy kan vertrou word en jy het deernis met hulle.
  • Moenie beskuldig nie. Die liefde … is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Depressie is nie die gevolg van sondige besluite wat iemand geneem het nie – depressie is nie ‘n sonde nie. Daarom moet jy hulle laat verstaan dat jy hulle steeds respekteer en bewonder. Hulle moet besef jou siening van hulle het nie verander nie.
  • Luister geduldig. Die liefde is geduldig. Jy mag dieselfde storie oor en oor hoor. Moenie ongeduldig word nie. Luister aktief – geduldig. Vra vrae, nie om dit reg te maak nie, maar om dit te hoor. Wees die klankbord sodat hulle kan verwerk hoe hulle voel.
  • Hou aan met leef. Die liefde … hoop alles. Depressie is ‘n werklikheid, maar dit hoef nie elke minuut van elke dag die middelpunt van die gesin se lewe te wees nie. Behou jou daaglikse roetine en jaarlikse tradisies – behou ‘n sin van ritme en orde in jou lewe. Dit beteken nie dat jy moet maak asof niks verkeerd is nie, maar om jou familie te herinner dat die lewe steeds die moeite werd is om te leef. Lag saam.
  • Bid saam. Die liefde … verdra alles. Bid vir mense met depressie; bid saam met hulle; bid hardop. Gebed lei tot warmte en vertroue.
  • Word daaraan gewoond. Die leifde …verdra alles. Jou lewe mag verander. Jy mag 03:00 benodig word om ‘n angsaanval te kalmeer. Jy moet dalk tyd inruim om saam met jou geliefde buite in die tuin te loop; jy mag dalk die wasgoed moet doen; jy mag dalk ondersteuningsgroepe moet bywoon. Jy mag dalk meer word as wat jy gedink het moontlik is. Maar die liefde oorwin dit alles.

 

Maar waar gaan jy die innerlike krag kry om dit alles te doen? Vertrou op God. Ek moet my swakhede na Hom bring en vra vir sy krag. Ek moet erken ek kan dit nie alleen doen nie en Hom vra om my te help. God is groot – Hy stuur sy Heilige Gees om ons te vul met sy liefde, geduld, deernis, volharding en al wat jy nodig het om die persoon in haar stryd by te staan.

 

 




Mites oor angs en depressie

 

 “No speech, no word, is adequate to the mystery of God as person.” – Emil Brunner

Mites oor angs en depressie

Angs en depressie  is algemene verskynsels in die moderne lewe. Ten spyte van al ons kennis is daar steeds sekere mites oor hierdie toestande. Kom ons kyk na ‘n paar:

Mite #1: Christene stoei nie met angs en depressie nie

Wat dan van Moses wat God vra om sy lewe te neem (Numeri 11:14 – 15)  en Elia (1 Konings 19:3 – 4) en Jona (Jona 4:3) wat almal vra om te sterf? Wat van Paulus 2 Korintiërs 1:8 Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het.

Mite #2: Die manier om te verhoed dat jy oorweldig word, is deur meer te bid en jou Bybel meer te lees

Christene sê dat hulle in God se genade glo, maar as dit by bekommernis, angs en depressie kom, vertrou ons op dit wat ons self kan doen.

Mite #3: ‘n Persoon wat op Jesus Christus vertrou, gebruik nie geneesmiddels vir angs en depressie nie

Mite #4: Angs en depressie is wie ek is en ek sal nooit vryheid ervaar nie

Nie waar nie. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed ( Johannes 10:10). Jesus wil hê dat ons ‘n oorvloedige lewe moet hê. Dit beteken nie eendag as ons doodgaan nie, maar nou.

Mite #5: As ek erken dat ek sukkel met angs en depressie gaan mense my skeef aankyk

Die rede vir so ‘n gesindheid is eenvoudig – jy vertrou niemand nie. Niemand gaan minder van jou dink as jy eerlik is nie – en jy sal verbaas wees oor hoeveel mense na jou toe kom en erken dat hulle dieselfde probleem het.