Jesus se woord bring skeiding (6:60-66)

Jesus se woord bring skeiding (6:60-66) – Francois Malan

Die breër groep volgelinge begin ook twyfel oor Jesus se verduideliking wat die dood van die Messias behels. Dit is so anders as hulle verwagting van die Messias, wat hulle gister met geweld wou koning maak, ‘n politieke leier wat hulle van Rome sou bevry (v15). Sy woord, dat ‘n gekruisigde Christus (Messias) die bron van lewe sou wees, is vir hulle hard/veeleisend – dit vereis selfverloëning. Eintlik is dit nie die woord wat so hard is nie, maar hulle harte, wat nie kans sien om hulle lewe in geloof aan ‘n gekruisigde Messias se gebroke liggaam en bloed te verbind nie.

 

 

 

Die beeld om Jesus se liggaam te eet, het die mense afgeskrik. Dit is egter sy woorde wat ewige lewe gee (6:68). Wie luister na wat Jesus sê, en in die Vader glo wat vir Jesus gestuur het, het die ewige lewe (5:24). Maar wie vaskyk teen die sterwende liggaam van Jesus aan die kruis, sal nie begryp dat Hy God is, wat, as die Lam van God, die sonde van die wêreld wegneem nie (1:29). Wie egter Jesus se woorde aanneem, word deur die Gees lewend gemaak.

 

oorgelewer om gekruisig te word.

 

Dat daar mense is wat nie tot geloof in Jesus kom nie, is nie vir Hom ‘n verrassing nie. Die normale toedrag is dat mense voortgaan om in sonde en ongeloof te leef. Die wonder is dat God aan ‘n sondige mens die genade skenk om te kan glo. Die Vader bring dié begenadigde mens in beweging om na Jesus toe te kom, as dié mens, deur die oortuiging deur die Heilige Gees, besluit om die woord van God aan te neem, en in Jesus te glo as God wat vir my sonde sterf.

 

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Die ware geestelike voedsel en drank (6:52-59)

Die ware geestelike voedsel en drank (6:52-59) – Francois Malan

Die Galileërs mor eers oor Jesus se woorde, en soos die gesprek vorder baklei hulle vir ‘n hele ruk heftig oor sy woorde. Weereens misverstaan hulle Jesus se metafoor om sy ‘liggaam te eet’ letterlik. Met veragting verwys hulle na Hom as ‘hierdie een’.

glo nooit dors word nie. Hier word ‘kom’ en ‘glo’ vervang met ‘eet’ en ‘drink’, en v35 se ‘versadiging’ en ‘dors les’ met ‘besit van die lewe in jou.’ Die voorwerp van geloof is Christus wat sy liggaam en bloed vir die lewe van die wêreld gee. Jesus gebruik die uitdrukking van sy teenstanders in v52 sy ‘liggaam eet’. Met ‘voorwaar, voorwaar’ beklemtoon Jesus die erns van die saak:  Wie nie Jesus se liggaam geëet en sy bloed gedrink het nie, het nou reeds nie  lewe in homself nie.

Jesus se fisiese liggaam en bloed is die ‘ware’ kos en drank, wat die ewige soort lewe moontlik maak. Met sy fisiese liggaam en bloed het Hy aan die kruis die offer gebring vir ons sonde en ons nuwe soort lewe.

Soos die inname van kos en drank ‘n noue verbintenis met die liggaam vorm, is die deelname aan Jesus se liggaam en bloed aan die kruis ‘n metafoor vir ‘n intieme persoonlike verhouding met Hom – die gelowige bly lewe in My en Ek in hom. Die lewe wat die gelowige in homself het (vv53-54), is die inwoning van die Heilige Gees in hom, waardeur Christus met al sy volheid in die gelowige woon. Die liggaam en bloed van Jesus aan die kruis, sy selfofferande, word die fondament van ons lewe, van ons geloof en hoop, van ons denke en ons keuses in ‘n lewe van selfverloëning en liefdesdiens aan ander, so bly ons in Hom.

hierdie ‘Brood’ te eet, tot ‘n intieme persoonlike geloofsverbinding met die gekruisigde Seun van God.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51)

Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51) – Francois Malan

Wat hulle wel van Jesus ‘gesien’ het, en ken, is dat hulle sy pa en ma ken, gewone mense. Hoe kan Hy beweer Hy kom uit die hemel? Vir hulle sluit sy bekende aardse herkoms sy hemelse afkoms uit. So kan die Messias tog nie verskyn nie, so gewoon, so nederig, so verklaarbaar egte mens. Hier is weer die tipiese misverstand van die ongeloof, wat telkens in hierdie Evangelie opduik. Die menswording van die Seun van God was en bly die groot struikelblok vir die Jode, vandag nog. Maar nie net vir die Jode nie.

Die mens se verantwoordelikheid word voorop gestel, ingelei met ‘voorwaar, voorwaar’ om die erns en sekerheid daarvan aan te dui. In die geloofskeuse vir Jesus word die welbehae van die Vader voltrek. Jesus is die ewige lewe (14:6). In die geloof gee die gelowige sy selfhandhawing prys en werp homself slegs op God vir sy behoud, nie op menslike moontlikhede nie.

Op grond van sy uitspraak in vers 47 oor geloof in Hom, herhaal Jesus sy uitspraak wat aanstoot gegee het (v41). Daarmee word die volgende verse ingelei oor hoe in Jesus geglo moet word, en wat die ewige lewe inhou.

Jesus kom terug op die Jode se argument in v31. Hulle voorouers het wel in die woestyn God se manna geëet, waarmee hulle liggaamlik gevoed is, maar dit het geen uitwerking gehad op die lewe na die dood nie. Hulle het almal gesterwe.

offer gaan gee vir die lewe van die wêreld – Hy gaan sterf sodat die wêreld mag lewe (10:11,15; 11:51,52).  Johannes  6:4 plaas hierdie gesprek in die tyd van die paasfees van die Jode met die slagting van hulle paaslammers, en Jesus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (1:29). 

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Jesus is die brood van die lewe (6:34-40)

Jesus is die brood van die lewe (6:34-40) – Francois Malan

Soos deur Nikodemus en die Samaritaanse vrou, word Jesus misverstaan deur die ongeloof van die Jode. Hulle dink net aan letterlike brood, wat hulle beleefd (meneer) vir altyd vra. Soos die Samaritaanse vrou wil hulle vir altyd versorg wees (4:15).

Hulle het ‘gesien’ en tog nie ‘geglo’ nie – by die vermeerdering van die brood het hulle die brood gesien, daarvan geëet, en steeds nóg brood gesoek, maar hulleself nie aan Jesus oorgegee as hulle Here nie, Hom nie as God herken of geglo nie. Jesus wys die Jode in Galilea op hulle sonde deur te weier om in Hom te glo, soos Hy die Jode in Judea op hulle sonde gewys het deur nie na Hom toe te kom om die lewe te kry nie (5:40).

gegee het (v39). Hier in v40 is dit: want dit die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun ‘sien’ en in Hom glo, die ewige lewe sal hê.,Agter elke gelowige staan die wil en besluit van die Vader. Dit is die sekerheid wat elke gelowige kan hê.

 

Skrywer: Prof Francois Malan