Die vyfde wonderteken: Jesus loop op die see (6:16-21)

Die vyfde wonderteken: Jesus loop op die see (6:16-21) – Francois Malan

die boot’ wat veronderstel dat hulle ook met dieselfde boot daar aangekom  het). Jesus het nog nie teruggekom nie – moontlik het Hy met hulle gereël om te vertrek as Hy nie teen sononder terug is nie. Die skrywer stel nie belang in dié besonderhede nie. Hy knoop sy diepgaande gesprekke oor wie Jesus is aan by grepe uit die optredes van Jesus.

 

 

 

(6:22-71)

 

Die gedeelte kan in sewe onderafdelings verdeel word, waarin die hoofmomente telkens opduik : die Woord is aan die werk, die Woord as die onverganklike spyse van die ewige lewe, die Woord van die Seun van die mens wat lewensbrood gee. 

 

(6:22-33)

 

 

 

 

 

werk vir die kos wat tot in ewigheid bly’ as verdienstelike werke wat God sal behaag, om aan hulle die ewige lewe te gee as beloning. Hulle het nie verstaan wat dit beteken dat die ewige lewe deur die Seun van die mens aan hulle gegee sal word nie.

 

God verlang nie ‘n veeltal werke wat die mens moet ophoop nie. Dit gaan om net een werk, wat eintlik nie ‘n werk is nie. Glo in Hom wat Hy gestuur het. Die ‘werk’ veronderstel ‘n bewuste beslissing en daad van ‘n mens. Die inhoud van die geloof is Jesus self – in Hom moet geglo word. Glo is om God te laat werk. Die mens se ‘werk’ is om Jesus aan te neem as jou Here (1:12).

   

 

ware brood uit die hemel, wat daagliks lewe gee, soos die manna in die woestyn. Die Brood is Jesus, die Seun van God, wat uit die hemel hier is; en Hy is besig om aan die wêreld die ewige lewe te gee deur sy dood. 

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Paasfees in Galilea: Jesus die brood van die lewe (6:1-71)

Paasfees in Galilea: Jesus die brood van die lewe (6:1-71) – Francois Malan

In hierdie hoofstuk word twee natuurwondertekens vermeld, daarna twee gesprekke, dan ‘n lering oor die Brood van die Lewe, en weer twee gesprekke. Dit begin by die see van Galilea en eindig in Kapernaum. Waar die sabbat die aanknopingspunt van die gesprek oor die gesag van die Seun in hoofstuk 5 was, is die Paasfees, wat Israel se bevryding uit Egipte en behoud van hulle eersgeborenes herdenk, die aanleiding tot die gesprek oor die redding uit die mag van die dood, van die Seun wat gekom het om die weg tot die ewige lewe te open in hoofstuk 6. Die vermeerdering van die brood wek die verwagting van ‘n nuwe eksodus met lewende brood uit die hemel, en van die offerdood van die Lam van God, wie se liggaam geëet en sy bloed gedrink moet word (Johannes vertel nie van die instelling van die nagmaal  nie).

(6:1-15)

            Johannes sê nie waarom Jesus daarheen gegaan het nie. Mark 6:30-32 sê: ‘Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie’ – na ‘n baie besige tyd waarin mense aanmekaar na hulle toe gekom en gegaan het. Mat.14:13 sê: ‘Jesus het met ‘n skuit daarvandaan (uit die gebied van Herodes Antipas) weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees’ – nadat Herodes Antipas vir Johannes die Doper laat onthoof het.

 

Jesus word deurgaans gevolg deur ‘n skare wat die genesingswonders gesien het, wat Hy deurentyd gedoen het (waarvan Johannes slegs enkele beskryf het, Jn 20:30,31). Hulle volg Hom blykbaar om nog wonders te sien.

 

Jesus gaan die berg op – dit is die bergwêreld van Jordanië, met baie berge in die omgewing. Waarskynlik om sy dissipels te leer.

 

Die pasga, die fees van die Jode, was naby. Dit vorm die agtergrond vir die gesprekke wat volg.

 

Jesus aanvaar die versorging vir die groot getal volgelinge. Jesus toets Filippus se vertroue in Hom om ‘n menslik-onmoontlike situasie op te los. Filippus het reeds ‘n aantal wondertekens van Jesus gesien, maar sy berekening van die koste wys sy menslike denke. Twee honderd dinarii (een dinarius was die dagloon vir ‘n arbeider) sal nie genoeg wees om vir elkeen ‘n klein stukkie brood te koop nie.

 

 

Vir Jesus is dit nie ‘n verleentheid nie. As gasheer laat Hy die mense in groepies sit, waarskynlik gesinne bymekaar, met omtrent 5,000 hoofde van gesinne. Nadat Hy God gedank het vir die voedsel, deel Hy die brood en die vis uit, sonder beperking van die hoeveelheid wat elkeen kan kry nie.

 

 

Die mense sien hierdie wonderwerker as die ideale koning om hulle te lei teen die Romeine. Hulle wil Hom met geweld koning maak, maar Jesus weerstaan die versoeking om ‘n aardse koning te word, wat sy goddelike mag misbruik vir geweld en vir sy eie eer. Hy is nie so ‘n aardse Messias koning nie. Hy gaan alleen hoër op teen die berg (Mk 6:46 en Mt 14:23 sê: ‘om te bid’).

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Die Jode weier om te glo (5:41-47)

Die Jode weier om te glo (5:41-47) – Francois Malan

 

 

 

 

Terugblik oor hoofstukke 1-5 .

 

Die overture het Jesus aangekondig as God, die Skeppingswoord, die enigste Seun van die Vader, wat uit genade mens geword het en met die waarheid oor God se wet onder ons kom woon het (1:1-18) – die Jode moes leer die enigste Here van Deutr.6:4 is ‘n Vader met ‘n enigste Seun as medeskepper.

Die eerste dissipels volg die Lam van God as die verwagte Messias, die Seun van God, die Koning van Israel (1:29-51) – Hy kom Ou-Testamentiese offers vervul en die Joodse offerkultus vervang.

Hy verander die Joodse reinigingswater in goeie wyn en reinig die tempel, wat Hy vervang met sy opgestane liggaam vir toegang tot God (2:21) – Hy vervang die Joodse reinigingsgebruike en bring vir die Jode ‘n  ‘n nuwe manier om God te dien. 

            Uit liefde vir die wêreld stuur God Hom om die ewige lewe oop te maak vir die mense wat deur die Gees van God van Bo af weer gebore word en tot geloof gelei word in die enigste Seun van die Vader (3:1-36) – kindskap van God word bewerk deur God die Heilige Gees.

Die heidense Samaritane luister na Hom en glo dat Hy waarlik die Messias is, die Verlosser van die wêreld; ‘n heidense regeringsamptenaar met sy hele huisgesin kom tot geloof in Jesus, wat deur sy woord die lewe gee aan ‘n sterwende kind (4:1-54) – God se doel met Israel is steeds: ‘in jou sal al die volke van die aarde geseën wees (Gen.12:3).

Die genesing van ‘n jarelange lamme op die sabbat lei tot ‘n diepgaande gesprek met die ongelowige Jode oor die eenheid tussen die Vader en die Seun (5:1-47). Die Seun doen niks sonder die Vader nie, en alles wat Hy doen, is werke van die Vader. Dit sluit in die opwekking van die mensdom en die oordeel, wat aan die gelowiges die ewige lewe gee. Die Seun is geheel en al gehoorsaam aan die Vader, maar ook een met die Vader. God se rus op die sewende dag beteken nie ledigheid nie, maar voortgang van die onderhouding van die skepping. Die versorging van die skepping op die sabbat is nie ‘n skending van die sabbat nie, so ook Jesus se genesing van lydendes, sy bevryding van dié wat deur die sonde gebind is, sy herskepping van die hele skepping. As die Lig in die wêreld skyn Hy oor elke dag en nag. As beeld van die werkende God is die mens geskep om te werk, vir liefdesdiens aan God en medemense – Jesus verander die Joodse opvatting oor die sabbat, en verlos die arbeid van die vloek van Gen 3:17-19.   

 

Skrywer:Prof Francois Malan 




Die getuies ten gunste van Jesus vervolg (5:34-40)

Die getuies ten gunste van Jesus vervolg (5:34-40) – Francois Malan

5:35 Al was Johannes net ‘n mens, was Hy ‘n gesant van God, die lamp, met ‘n bepaalde opdrag op die keerpunt van die geskiedenis van God met die mens. Die lamp het soos ‘n fakkel gebrand – homself verteer in die uitvoering van sy roeping, en geskyn – lig gebring vir almal in die omgewing deur van die Lig te getuig (1:6-8). Die Jode het hom erken as ‘n profeet, het hulle laat doop, en was bly dat God sy volk deur so ‘n prediker (soos Elia, 1:21) besoek het – so iets het 430 jaar laas gebeur, met Maleagi (maleagi beteken in Hebreeus ‘My Boodskapper’). Maar hulle vreugde was vir ‘n rukkie (letterlik: vir ‘n uur). Toe Johannes van die toneel verdwyn het, het hulle van sy prediking en van hulle doop vergeet. Dit word bewys deur hulle teenstand teen Jesus. (Dawid is die ‘lamp vir Israel genoem, 2 Sam.21:17, vgl. die gesalfde uit Dawid se geslag wie se troon sal skitter in Sion, Ps 132:17-18).

derde getuienis is die Skrif. Hulle ondersoek die Skrifte omdat hulle dink dat hulle in die Skrifte die ewige lewe het – deur dit te bestudeer. Jesus ontken dat hulle die ewige lewe deur hulle ondersoek van die Skrif het. God het die Skrifte gegee om van Christus te getuig, sodat die mense na Hom toe sal kom, en deur Hom dié lewe te kry wat in die Skrif belowe is. Deur die Skrifte te ondersoek en die Skrifte se getuienis oor Christus te verwerp, word God se doel met die Skrif verydel. Hulle fokus op die eise van die wet in die Skrifte, probeer die eise van die wet met hulle goeie werke te vervul om so deur God beloon te word met die ewige lewe; maar hulle merk nie op dat die Skrifte heenwys na die Messias-Verlosser wat sal kom nie, wat die water van die lewe, wyn en melk gee sonder om te betaal  (Jes 55:1). Die Jode is so anders as die Samaritaanse vrou (4:25). Paulus sê: as hulle die Skrifte lees, is daar ‘n sluier oor hulle verstand (2 Kor 3:15). Hulle weier om Jesus as hulle Messias te erken. Hulle wag vir ‘n politieke bevryder, ‘n stryder met militêre mag om hulle van die Romeinse juk te verlos.     

 

Skrywer: Prof Francois Malan