Tagged: Die Ou Apostelkerk

image_pdfimage_print

Die Ou Apostelkerk – Vraag

Die Ou Apostelkerk – Francois Malan

Annelie vra:

Ek het in die Ou Apostel Kerk groot geword. Na Matriek het ek oor gekatkiseer in die NG Kerk en is ook oor gedoop. Ek weet presies hoekom ek alles moes oordoen, want ons almal weet watter tipe kerk die Ou Apostelkerk is. Alles wat hulle op my geplaas het omdat ek die kerk verlaat het, het ek nie aanvaar nie want ek het geweet GOD is in Beheer en ek is nie bang nie. Ek het my kinders in die NG Kerk groot gemaak. My dogter het getrou met iemand uit die Ou Apostelkerk. Ek het geweet wat wag, en het alles verduidelik voor hul troue en my skoonseun het gesê hy sal oor katkiseer in die NG Kerk.

image_pdfimage_print